Vliegtuigies zoem deur hul are

2017-07-13 06:01
Die JBay Radio Flyers het Saterdag die amptelike opening van hul nuwe klubhuis by Vlakteplaas gevier. Die klublede teenwoordig is Deon Freemantle, Johan Wiid (instrukteur), Fred Gericke, Johnny Viljoen (instrukteur), Frank van der Walt (instrukteur en beoordelaar), Anton Loots, Kobus Uys en Don Thompson. Foto’s: MONIQUE BASSON

Die JBay Radio Flyers het Saterdag die amptelike opening van hul nuwe klubhuis by Vlakteplaas gevier. Die klublede teenwoordig is Deon Freemantle, Johan Wiid (instrukteur), Fred Gericke, Johnny Viljoen (instrukteur), Frank van der Walt (instrukteur en beoordelaar), Anton Loots, Kobus Uys en Don Thompson. Foto’s: MONIQUE BASSON

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE winterson loer flouerig deur die spierwit wolke-kombers; nie ’n blaartjie roer nie.

Die luide grom van ’n Pitts Python verbreek die vroegoggendstile. Eers proes-proes. Dan verander die gestotter in ’n egalige dreuning terwyl die geel-en-rooi romp van dié modelvliegtuig met oorgawe die koue oggendlug inseil. Net ’n stofstreep bly op die aanloopbaan agter . . .

“Lekker . . . lekker . . . lekker,” kraai modelvliegtuig-instrukteur en -beoordelaar Frank van der Walt terwyl hy sy vliegtuig behendig laat tol en duik.

Nóg ’n vliegtuig kom blinkvlerk verbygevlieg, terwyl ander hul beurt geduldig afwag.

Lede van die JBay Radio Flyers het aan die begin van die maand hul vliegvernuf tydens die amptelike opening van hul klubhuis net buite Jeffreysbaai tentoongestel.

Én kan die manne vlieg. . .

Die klub is verlede jaar deur plaaslike modelvliegtuiggeesdriftiges op die been gebring, en die 17 aktiewe lede spog met honderde modelvliegtuie en jare se navigasie-ondervinding. Van die lede het selfs vliegtuie gebou en vir die lugmag gewerk.

Vir baie mense is dié stokperdjie veslawend, en, hoewel dit iewat duur is, is dit beslis die moeite werd, sê Van der Walt wat sedert 1982 modelvliegtuie vlieg. Hy spog onder meer met die blitsige Pitts Python met ’n topsnelheid van 150km/h, ’n Mustang, ’n Twin Ace, ’n Spitfire, vier stralers en twee helikopters. Vroeër jare het hy tussen 40 en 50 modelvliegtuie besit, waarvan hy die meeste self gebou het.

Hy vertel breëbors dat sy vrou nog nie een keer oor sy stokperdjie gekla het nie, al vee hy vandag nog gom aan sy broeke af.

Dié tydverdryf is glad nie so maklik soos dit lyk nie.

“Om die modelvliegtuig in sy geheel te kan sien én dit terselfdertyd te beheer, is wat dit anders en selfs moeiliker maak as om self ’n regte vliegtuig te vlieg,” sê hy. “Jy moet 100% van die tyd op jou vliegtuig konsentreer, anders verloor jy beheer oor hom en dan is dit ’n reusegemors.

“Die stokperdjie behels baie dissipline en konsentrasie. Dit is nie iets wat jy sommer van die begin af regkry nie - ’n mens moet oefen, oefen en nogmaals oefen. Dit is belangrik om in ’n goeie radio te belê.”

Van der Walt vertel daar is geen waarborg dat vliegentoesiaste met ’n heel vliegtuig huiswaarts keer nie. Dít is al male sonder tal bewys.

“Die vliegtuie is baie windsensitief. En moet nie van die ‘dooie’ kolle vergeet waar daar geen radio-opvangs is nie. Voor jy mooi besef wat gebeur, tuimel jou vliegtuig neus eerste grond toe. Dan is dit weer vir heelmaak en parte by mede-vlieëners leen. As daar nie te veel skade is nie, kan vliegtuie binne 15 minute in die lug wees,” sê Van der Walt.”

Die klubhuis en vliegveld van die JBay Radio Flyers is net agter Ubuntu Bricks op Vlakteplaas geleë. Belangstellendes - oud en jonk - is welkom om te kyk wanneer die lede met hul modelle in die lug rondspeel.

Vir inligting, skakel Don Thompson by 072 404 3655.

Kitsfeite oor vliegtuigies

  • ARF-vliegtuie (byna vlieggereed) kan in ses ure gebou word.
  • Vliegtuigies en helikopters kan verskillende enjins, soos petrol-, metanol- of elektriese enjins hê. Die elektriese enjins benodig litiumbatterye.
  • Dit duur taamlik lank om die vliegtuigies te leer beheer. Vanaf ses maande kan nuwelinge die vliegtuie laat opstyg en land; dit neem bykans ’n jaar voordat hulle goed op hul eie kan vlieg.
  • Om met niks te begin nie en self ’n vliegtuig te bou, kan van een tot drie jaar neem.
  • Sweefvliegtuie kos sowat R5 000.
  • ’n Goeie middelslag-ARF-vliegtuig kan vir tussen R10 000 en R15 000 aangeskaf word.
  • Helikopters kos tussen R5 000 en R20 000.
  • Stralers kan tussen R35 000 en R200 000 beloop.
  • Die vliegtuigies moet skoongemaak en versien word.
  • Alle faktore wat ’n gewone vliegtuig in die lug beïnvloed, beïnvloed ook dié vliegtuigies.
  • Modelvliegtuie kom in verskillende groottes.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/Africa
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.