Voetslaan/ Hiking SA - eietyds en plesierig

2018-05-17 06:01
Voetslaan/Hiking SA is ’n inisiatief wat ontspanning en plesier kombineer om vir wandelaars gesonde oefening en natuurbewustheid te laat ervaar. Foto:VERSKAF

Voetslaan/Hiking SA is ’n inisiatief wat ontspanning en plesier kombineer om vir wandelaars gesonde oefening en natuurbewustheid te laat ervaar. Foto:VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

OUTYDS? Harde werk? Allermins. Voetslaan/Hiking SA is ’n inisiatief wat ontspanning en plesier kombineer om vir wandelaars gesonde oefening en natuurbewustheid te laat ervaar.

Victor Cunningham, visepresident, verskaf die volgende interessante besonderhede:

  • Vanwaar die konsep? Die Otter-wandelpad in Tsitsikamma is in 1968 geskep uit ou vissermanspaadjies. Dit is vandag ’n Groenvlag-geakkrediteerde roete. Danie Ackerman het in 1972 onder die Departement van Bosbou ’n staproete in die Sabie-distrik beplan. JH Kemp het hierna oorgeneem ná ’n studiereis in die VSA om te sien hoe mense daar hul vryetyd in die natuur benut. Hieruit het in 1973 SA se eerste amptelike wandelpad ontstaan. Uit dié Fanie Botha-roete het die konsep veld gewen en het ou en nuwe roetes onder die nuutgestigte Voetslaan SA ’n florerende bedryf geword.
  • Voetslaan/Hiking SA wil ’n werkbare platform skep wat alle fasette van dié ontspanning en insette van deelnemers kan koördineer. Hul visie behels verder die betrokkenheid van die regering vir die amptelike erkenning van voetslaan as ’n sport. Hulle voorsien om hierdeur toerisme te stimuleer en werkskepping te bevorder.
  • ’n Nasionale komitee bedryf die groep se werksaamhede, en instansies wat saamwerk, is o.a. SANParke, SAFCOL, MTO, CapeNature, Mpumalanga en Limpopo Parkerade, Ezemvelo/KZN WILDLIFE en private wandelpad-eienaars.
  • Victor Cunningham is ook streeksvoorsitter van die Suid-Kaap Komitee wat deur staats- en semi-staatsinstellings maandeliks roetes nagaan en dan verslag aan roete-eienaars en die nasionale uitvoerende komitee doen.
  • Belangstellendes in die Kouga-streek ontmoet op 19 Mei die Suid-Kaapstreek se verteenwoordigers. Hulle hoop om hieruit ’n klub te stig wat dagwandelpaaie en later oornagroetes kan verken. Skakel Nadeem Uithaler 073 119 3434 of 042 200 3477 vir inligting.
  • Die Suid-Kaapstreek besoek op 12 Mei die Pied Kingfisher-roete in die Wildernis Nasionale Park. Volg hulle op www.facebook.com/hosasoutherscape

Belangstellendes kan Victor Cunningham by 083 7391558 skakel. Voetslaanpad-eienaars kan dieselfde nommer skakel vir informasie rakende die akkreditasieproses.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.