Voetslaanfees in SA se tuinparadys

2016-03-24 06:00
Die Tuinroete is die plek om die Paasnaweek te wees, want dit is hier waar Suid-Afrika se eerste stapfees, die Garden Route Walking Festival, aangebied word.

Die Tuinroete is die plek om die Paasnaweek te wees, want dit is hier waar Suid-Afrika se eerste stapfees, die Garden Route Walking Festival, aangebied word.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

IS jy dol oor voetslaan in die natuur? Dan is die Tuinroete die plek om in die Paasnaweek te wees, want van 25 tot 30 Maart kan jy vir vyf salige dae by een van die 73 moontlike stapgeleenthede inskakel.

Vrywilligers en opgeleide toergidse sal voetslaners na besonderse natuurbestemmings lei.

Plaaslike inwoners, toerismekantore en nasionale parke het die geleentheid aangegryp om die natuur se skatte met ander te deel.

Dié fees, die Garden Route Walking Festival, is die eerste in sy soort in Suid-Afrika. Dit is in die pas met die huidige wêreldgier om stapfeeste aan te bied – ’n gesonde én goedkoop manier om mense op ’n positiewe wyse byeen te bring en ’n gebied beter aan besoekers bekend te stel.

Op die stapfees se spyskaart is roetes ingesluit om in almal se stapsmaak te voldoen – van kort, gemaklike slakkegang-stappies tot uiterste reik-na-die-pieke-klimme.

Vanaf Mosselbaai reg deur Groot-Brakrivier tot by George, verder aan na Wildernis, Sedgefield, Knysna en Plettenbergbaai kan stappers kies om op berge, in dale, langs riviere, by vleilande, vanaf hoë rotsgletsers en ander panoramiese gedeeltes die Suid-Kaap te verken.

Plaaseienaars het hul private roetes op die feesprogram geregis­treer. So gaan stappers byvoorbeeld op die Hap-en-stap, ’n panoramiese plaasstap op die Fragrance-roete, kan kennis maak met Seuntjie, die leeumannetjie van die wildplaas Hakuna Matata.

Galeo Saintz, die stigter van die Tuinroete se eerste stapfees, het al in 2009 die gedagte gekry om ’n stapfees vir voetslaners van alle ouderdomme op die been te bring sodat die natuur herontdek kan word.

Saintz is ook die mede-argitek van die Rim of ­Africa-roete. Dié ultra­afstandroete van 650 km wat by die Pakhuispas by Clanwilliam begin en by George eindig, is die langste bergreeksstap in Afrika.

Saintz is voorsitter van die internasionale World Trails Network en woon in Plettenbergbaai. Deur te stap kom ’n mens op plekke wat jy op geen ander manier kan bereik nie.

Benewens die heling wat dit vir die siel bied, hou dit in baie gevalle ekonomiese voordeel in vir gemeenskappe langs sommige staproetes.

So is Griekeland byvoorbeeld, wat tans in ’n ekonomiese verknorsing sit, ook ’n aktiewe lid van die World Trails Network.

Hierdie Mediterreense land beoog, soos die ander lede, die herbekendstelling van vergete kultuur- en natuurskatte aan toeriste deur middel nuwe staproetes.

Uys Krige het êrens geskryf: “Ek lig die knip . . . Ek maak ’n hek oop in my hart.”

Om te stap lig beslis daardie knip.

. Besoek www.walkingfest.co.za vir die volledige besonderhede, asook aanlyn inskrywings. Volg die deurlopende nuus op Twitter by @walkingfest en op

Instagram: @gardenroutewalkingfest; #gardenroutewalkingfest; #walkingfest; #walkingfestival.

. Inligting oor die Tuinroete se nasionale parke, bosse en ander ontspanningsgeleenthede kan ook gevind word by www.plett-tourism.co.za of www.visitknysna.co.za.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

10 best dressed men of 2017

And the awards for 2017's best dressed gentlemen go to...

 
 

You won't want to miss...

How to open a beer bottle without an opener
WATCH: Man films himself going down water slide upside down as things go very wrong…
WATCH: Conor McGregor: Notorious the trailer
Best date night restaurants in South Africa
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.