Voorsitter wil beleggings lok

2018-03-29 06:01
Joe Ferreira, eienaar van Supertubes in Jeffreysbaai en ’n rondreisende pretpark, is onlangs as die Kouga Besigheidsforum (KBF) se nuwe voorsitter aangewys.  Foto:MONIQUE BASSON

Joe Ferreira, eienaar van Supertubes in Jeffreysbaai en ’n rondreisende pretpark, is onlangs as die Kouga Besigheidsforum (KBF) se nuwe voorsitter aangewys. Foto:MONIQUE BASSON

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

GESOUTE besigheidsman Joe Ferreira het groot planne vir Kouga en die plaaslike ekonomie - al lyk dit of hy heeldag speel.

Ferreira, eienaar van Supertubes in Jeffreysbaai en ’n rondreisende pretpark, is onlangs as die Kouga Besigheidsforum (KBF) se nuwe voorsitter aangewys. Hy neem die leisels oor by een van Jeffreysbaai se bekendste inwoners, Finney Jordaan.

Sy visie vir die forum? “’n Besigheidsforum vir alle sakelui en alle beroepslui,” sê Ferreira. Hy beklemtoon dat die forum ’n tuiste vir alle sakelui wil bied. “Dit maak nie saak hoe groot of klein jou onderneming is en aan watter taal- of rasgroep jy behoort nie, ons wil ’n tuiste vir elkeen wees.”

Hy sê die forum bied ’n plaform vir sakemanne om gemeenskaplike sake aan te spreek en beskik oor kundigheid wat raad oor verskeie aspekte kan gee.

“Dit is belangrik dat lede nie net vra wát die forum vir hulle kan doen nie, maar ook wat hulle vir die forum as ’n besigheid kan beteken.”

Volgens Ferreira is die twee hoofdoelwitte van die forum om ’n volledige databasis van plaaslike besighede op te stel, asook om meer beleggings na Kouga te bring.

“Met ’n volledige databasis van hoeveel besighede daar in Kouga is, asook in watter sektor en hoeveel werksgeleenthede elkeen skep, kan die ekonomiese aktiwiteite van die area bepaal word,” sê Ferreira.

“Dié inligting, wat vrylik beskikbaar sal wees, kan gebruik word om Kouga aktief te bemark en om ondernemings van buite te nooi om hulle hier te vestig of met ons ondernemings sake te kom doen.”

Verder sal daar sterk klem op die bemagtiging van plaaslike sakelui gelé word.

“Dit gaan oor die deel van kennis en vaardighede, asook die bevordering en koestering van innovasie onder plaaslike ondernemings.”

Die forum se bestuur het planne om onderlinge netwerkgeleenthede vir sy lede te verhoog, en werk nou saam met die Kouga-munisipaliteit.

Hulle beoog verder om ’n beleggerskonferensie van stapel te stuur.

Vir meer inligting oor die forum, kontak KBF bestuurder Mariza Roux by 064 747 2486 of office@kougabusinessforum.com.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.