Vossi se voedingskema hou mae en harte vol

2016-05-05 06:00
Shirleen Vossi (regs) voed sedert 2004 talle behoeftige inwoners van Humansdorp. Sedert Februarie, vanjaar vorm haar projek deel van die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling se voedingsprogram. Sy word bygestaan deur Maria Dlamini, Martina Bambi, Gert Baartman en Lizzie Alla.                                          Foto: MONIQUE BASSON

Shirleen Vossi (regs) voed sedert 2004 talle behoeftige inwoners van Humansdorp. Sedert Februarie, vanjaar vorm haar projek deel van die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling se voedingsprogram. Sy word bygestaan deur Maria Dlamini, Martina Bambi, Gert Baartman en Lizzie Alla. Foto: MONIQUE BASSON

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

GEMEENSKAPLEIER Shirleen Vossi se voedingskema wat sowat 12 jaar gelede nede-rig begin het deur kinders en bejaardes met een of twee brode te voed , is nou een van Vaaldam se bakens van hoop.

Vossi sê dit was nie ’n maklike pad nie.

Volgens haar het sy in 2004 die groot behoefte en hongerte in die gemeenskap raakgesien, en genoop gevoel om iets te doen. Vir jare moes sy raap, skraap en ‘bedel’ om die talle honger inwoners van die omgewing vanuit haar eenvoudige huis te voed.

In 2007 het sy by die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling om hulp aangeklop. Sewe jaar later, is haar omgeeprojek, die Elderly and Children Resort Community Nutrition Development Centre (CNDC), deel van die departement se voeding- en ontwikkelingprogram vir bejaardes en kinders. Dit bete-ken dat dié voedingskema sedert Februarie volhoubaar is.

Nou sal behoeftiges elke dag van die week ’n vullende, gekookte maaltyd ontvang.

Die voedingslokaal is ook ’n storie van welwillendheid. ’n Eens vervalle gebou in die hartjie van Vaaldam, is met ure se harde werk in ’n volwaardige voedingslokaal omskep waar inwoners nou gerieflik kan eet. Al die kos word op die perseel voorberei en gekook.

Nagenoeg 270 inwoners vind baat by die voedingsprogram.

Vossi inkorporeer sedert middel April bid-ure en ’n oefenprogram vir bejaardes. Bidure vind op Dinsdae plaas, terwyl inwoners op ’n Donderdag hul stywe litte ’n bietjie kan rek en strek.

Volgens Vossi is enige bejaarde of kind welkom om by die program aan te sluit - hulle deure staan vir almal oop, ongeag waar jy woon.

Inwoners is dankbaar dat hul nood in ag geneem is en dat hulle by die program inge-skakel het.

Siena Goeda, ’n inwoner van 7de Laan, kry elke dag by die voedingskema ’n bord kos. “Dit help baie. ’n Honger persoon kan nie normaal funksioneer en werk nie.”

Nog ’n inwoner, Margaret Leander van Vaaldam, sê die daaglikse bord kos maak ’n groot verskil. “Baie van ons het nie ’n bord kos in die aand by die huis nie.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

Man scores date with tennis superstar after Twitter bet

It’s a modern day Cinderella story, but one American man took ‘shoot your shot’ seriously in 2017.

 
 

You won't want to miss...

Who are the highest paid models of 2017?
10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham
5 top leg exercises for men
10 best dressed men of 2017
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.