Vragmotor ploeg deur huis

2018-10-18 06:02
VragmotorFoto: VERSKAF

VragmotorFoto: VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

MET hul hande in die hare, ’n naar kol op die maag, geen krag en ’n erf vol bourommel - só sit Patensie-inwoners meer as drie maande na ’n vragmotor deur hul huis geploeg het.

Die Stone-familie van Rooikloofstraat in Cyril Ramaphosa Village, het op 4 Julie ’n noue ontkoming gehad. ’n Munisipale-vragmotor - sonder ’n drywer - het omstreeks 02:00 oor die pad ‘gery’, die hoofhuis en ’n boom rakelings gemis, en etlike meters verder deur hul sinkplaathuis gebars.

Dít terwyl hulle geslaap het.

“Die hele huis het bo-op ons gelê,” sê ’n steeds geskokte Blaine Stone (32) wat met die impak van die ongeluk van die bed geslinger is. “Met net ’n klein ligkol as baken, het ek ons seun, Edwin (4), gegryp en ’n pad na buite begin oopskop.

“Sy ma, Edna (23), het kort op ons hakke gevolg.”

Eers buite, het hulle besef dat ’n vragmotor regdeur hul huis is.

Hul buurvrou, wat eerste op die ongelukstoneel was, het hulp asook die bbestuurder van die vragmotor ontbied.

Genadiglik is niemand tydens die voorval beseer nie.

Stone sê: “Behalwe vir ons huis wat niks meer as ’n hoop rommel was nie, het die kragboks stoof, televisie, kaste, beddens, die yskas, die DStv-skottel, die ketel en die mikrogolfoond in die slag gebly. Die borde en glase ook. Ek kan nie eens onthou wat alles gebreek het nie, maar dit is baie. Amper alles wat ons besit het.

“Hoewel die Kouga-munisipaliteit ons huis binne weke herbou het, versuim hulle om ons kragboks, breekware of meubels van nagenoeg R82 000 te vervang.

“Hulle beweer dat hulle op terugvoering van hul versekeringsmaatskappy wag. Tot dan kan hulle niks doen of aankoop nie.”

Intussen het die gesin ’n paar noodsaaklikhede uit hul eie sak aangekoop.

“Maar dit is nie reg nie. Ons het nie gevra dat die vragmotor deur ons huis ry nie,” sê Stone.

Volgens Stone, sukkel hulle nou om gerus te slaap. “Die geringste geluid het ons wakker en ons seun huil in sy slaap - iets wat hy nooit voorheen gedoen het nie.

“Ons verwag aksie.”

Kouga Korporatiewe Dienste portefeulje raadslid Frances Baxter, sê: “Stone is gevra om ‘n eis by die muni-sipaliteit se bate-afdeling in te han-ding, indien enige van die inhoud van die huis beskadig is. Ons is tans besig om dit met ons bate-afdeling op te volg.

“Daar is ondersoek ingestel en die drywer is vrygeskeld van skuld. Hy het toestemming gehad om die vullistrok by sy huis te parkeer en het alle redelike voorsiening getref dat die trok nie agteruit sou rol daar. Daar was egter ‘n tegniese fout met die voertuig wat daartoe aanleiding gegee het.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts

Jobs in Cape Town [change area]

Jobs in Western Cape region

HSE Manager

Cape Town
Tumaini Consulting
R550 000.00 - R650 000.00 Per Year

IT Manager (contract)

Cape Town CBD
Communicate Cape Town IT
R330 000.00 - R458 000.00 Per Year

Reporting Accountant

Cape Town
Network Finance Professional / Prudential
R310 000.00 - R360 000.00 Per Year

Property [change area]

There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.