Vrolike gemiaau in ‘Katstad’

2016-08-11 06:00
Híér word katte verhef tot dié van eienaars van ’n huisie by die see.                     Foto: JANNIE HOUGH

Híér word katte verhef tot dié van eienaars van ’n huisie by die see. Foto: JANNIE HOUGH

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

ASTONBAAI se mense is betrokke – by mekaar, by die opheffing van andere, die mooi-maak van vuil erwe, die verf van randstene en witstrepe. En nou ook by die onderhoud van Katstad.

Hier word rondloperkatte, verlorenes en straatkatte se posisie in die samelewing verhef tot dié van eienaars van ’n huisie by die see. Hoe die katkolonie by die rotse naby die Marina-strand presies ontstaan het, is seker ’n misterie; maar (soos dit met katte gaan) het sosialisering vinnig plaasgevind en het ander katte (en katjies) in getalle begin toe-neem.

Maar in Astonbaai gaan soiets nie onge- siens verby nie, en deesdae hoef die inwoners van Katstad nie meer tussen die rotse in te kruip om ’n uiltjie te knip nie. Daar is ’n pragtige houthuis en twee kleineres staangemaak, iemand het ’n sagte slaapmandjie geskenk, bakke staan gereed en daar word oënskynlik op gereelde basis kos en drinkgoed aangedra. Volgens betroubare inligting het veeartse goedkoop of gratis sterilisasiediens aangebied.

Veeartse kan egter nie wondere verrig nie, want onder dekking van ’n donker nag sluip soms ’n kater die paradys binne – en dis duidelik dat een van die vroulike inwoners binnekort met ’n paar bondeltjies dons gaan rondtrippel.

Die inwoners is pragtig gesond, “hun ogen puilen uit van vet,” en hulle verwerdig hul-self selfs om met mensbesoekers te kom kuier – hoewel hulle, tipies kat, jou nie eintlik in hul persoonlike ruimte toelaat nie. Daardie “beter as jy”-houding is maar altyd daar – soos by alle katte. Vir ’n hond is jy sy baas; vir ’n kat is jy personeel.

Dis nogal ’n katterige affêre wat toeriste se aandag trek. As jy weer by een van die twee eetplekke langs die strand gaan kuier, maak gerus ’n draai by Katstad. Die wollerige toneel sal jou laat spin van lekkerkry.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.