Vyf op vlug ná rooftog op Jeffreysbaai

2016-08-04 06:00

VERSTOMDE werknemers van Shoprite in Pellsrus, Jeffreysbaai is Vrydag-aand na ‘n rooftog en skietery by hul werkplek in die Polikliniek vir skok behandel. Besorgde familielede het opge-daag. Die een gewonde man is versigtig deur sy kollegas gehelp om by hul vervoer te kom.

Die nuwe bestuurder, wat ‘n skamele maand gelede uit Port Elizabeth hierheen gekom het, het aan die Kouga Express gesê dat manne deur die winkel beweeg, en verdag opgetree het.

Hulle het aangebly toe die laaste klante teen toemaaktyd (omstreeks 6:30nm) betaal en uit is. Dit is toe wat die boosdoeners toeslaan.

Hulle het die kasregisters leeggemaak, en toe die skerms van die sekuriteitstelsel aan flarde gekap.

Tydens die gewapende roof het die polisie ‘n beroepskrimineel geskiet toe hy buite die winkel op hulle losgebrand het. Hy het beswyk.

Tydens die skietery is die winkelwerker gewond.

Polisiewoordvoerder sers Majola Nkohli sê die oorledene is van Port Elizabeth, bekend aan die polisie en kan moontlik met ander rooftogte in die stad verbind word. Twee vermoedelik gesteelde vuurwapens is by die man se liggaam gevind.

Die ander vyf aanvallers het ontsnap en is steeds soek.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.