Waarom bootlisensies?

2018-04-12 06:02

WAARHEEN gaan die geld wat deur boot-eienaars betaal moet word vir die voorreg om hul bote te water te laat en natuurlike waterbronne vir ontspanning te gebruik? Is sulke verpligte blasting verdedigbaar?

Norman Dyer, voorsitter van die Kromme Gemeenskaplike Rivier komitee (KJRC), verduidelik:

  • Die KJRC verteenwoordig die Huiseienaarsassosiasie en Deeltitelhouers langs die Krommerivier, en beheer sedert 2016 namens Kouga Munisipaliteit alle boot-aktiwiteite, wetstoepassing en fondse uit die verkoop van boot-permitte. Hulle aanstelling berus op NPO-registrasie en ’n getekende ooreenkoms-memo met die munisipaliteit.
  • Sedert sy aanstelling as wetstoepasser ongeveer ’n jaar gelede, maak Nickolaas Windvogel rivier-gebruikers bewus van veiligheid en ordonnasies. John Scott staan hom tydens spitstye by. Hulle aktiwiteite staan onder beheer van die KJRC en veral Naas Marais van die Krommerivier se hengelklub. Hy het ook toesig oor die onderhoud van die organisasie se twee bote.
  • Die permitte wat uitgereik word, bevat rivier-ordonnansies en ’n kaart wat die posisie van boeie aandui en verduidelik. Dié informasie word ook voor elke vakansieseisoen in die plaaslike media bekendgestel. Ander kommunikasiemetodes word gedurig nagevors.
  • Die KJRC koop boeie en kennisgewingborde aan wat die veiligheid van die rivier vir die publiek verseker. Hulle benadruk dat dit slegs hulpmiddels is en dat veilige vaart die verantwoordelikheid van die boot se gesagvoerder is.
  • Waterveiligheid word verseker deur chemiese toetsing en voortdurende mo--nitering van moontlike besoedeling.
  • Belanghebbendes dra finansieel en andersins by om goedgekeurde bagger-aktiwiteite uit te voer om die veiligheid van die rivier as ontspanplek te verseker.

Hierdie aktiwiteite vereis toewyding en finansies. Boot-lisensies is daarop gemik om die publiek daarvan te bewus te maak dat ontspanning ook verantwoordelikhede meebring.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.