Wanda Hayes - gedrewe, gefokus, gevleueld

2016-09-22 06:00
Wanda Hayes             Foto: VERSKAF

Wanda Hayes Foto: VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

MOENIE haar op haar lengte (of kortskiet daaraan) takseer nie.

Sy is formidabel.

Sy is Wanda Hayes, prinsipaal van Huizemark in Jeffreysbaai. Sy het die sporte van die korporatiewe leer van onder af geklim met ’n werkywer wat vir niks skrik nie.

Dié boorling van Kirkwood het haar spronge in die sakewêreld berekenend gewaag: ná matriek in 1963 eers vroulike assi-stent in die poskantoor; toe oorplasing na die Germiston-tak. Haar skoolhoof-oom se deeg-like opleiding vir haar om sy skoenwinkels te bestuur, het nie juis in haar beplanning gepas nie, maar ’n twee weke-vakansie in De-spatch was nommerpas, want in dié kort rukkie, het haar rigting weer verander toe sy haar trouman, Robbie, ontmoet.

Sy word senior tikster by die Despatch-munisipaliteit en keer vir Robbie sewe maande later aan kansel toe. Immer die bewegende geleentheidjagter, werk sy daarna vir vyf jaar vir die geregsbode se kantore waar sy feitlik alles behartig. Toe verander sy na aktetikster (’n riller vóór die koms van rekenaars wat foute kan uitwis!) en bly vir 25 jaar in prokureurs se diens. Na ’n kort ruk as verhurings-konsultant, koop sy in Maart 2000 die Huizemark-tak in Jeffreysbaai – waarna sy met vier mense dié nuwe uitdaging aanpak.

Haar besigheid-etos is op regsbeginsels ge-skoei. Syself het die NQF5- en MPRE-kwalifikasies en verwag van haar konsultante op hoogte te bly van elke verandering in die eiendomsmark – wat verkooptegnieke, waarda-sies en korrekte skakeling met die publiek insluit. Sy is sterk gekant teen ongeregistreerde toetredes tot die mark en raai voornemende kopers aan om aan te dring op die konsultant se getrouheidsertifikaat, NQF- en Privy seal-akkreditasie.

Sy soek dissipline by haar werknemers, wat voorkoms, kennis van die mark, bouregula-sies en ander fasette van die eiendomsmark betref – toegewyde, professionele werkers wat respek het vir hul kliënte en hulle met die nodige integriteit bedien.

Huizemark het tans drie aandeelhouers, en sy is van mening dat hulle die grootste verhuringskonsultante in die dorp is. Hul omset verlede maand was ’n allemintige R23-miljoen in eiendomswaarde, want sy glo: As niks gebeur nie, máák iets gebeur.

Sy beweeg vanselfsprekend buite die ruimte van haar besigheid en dien in die bestuur van die landswye Huizemartk-franchise asook in die bestuur van die Kouga Besigheidsforum.

’n Kort van postuur stukkie dinamiet met ’n reuse visioen en werksvermoë – selfs nou nog, 53 jaar na matriek! Dit is Wanda Hayes.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/Sport
 

WATCH: Man films himself going down water slide upside down as things go very wrong…

What is at first an exciting tummy-turning adventure stunt, quickly turns into a scarily bad idea caught on camera. Take a look:

 
 

You won't want to miss...

Best date night restaurants in South Africa
WATCH: Ryan Reynolds offers fans a free tattoo in new Deadpool 2 teaser
Should you date your co-worker?
Hip Cape Town bars to discover this summer
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.