Wen! Wen! Wen! - SUPERMA (en ander mites)

2017-02-09 06:02
Drie Kouga Express-lesers kan elk Chantelle de Wet se boek, SUPERMA (en ander mites), wen.        Foto: VERSKAF

Drie Kouga Express-lesers kan elk Chantelle de Wet se boek, SUPERMA (en ander mites), wen. Foto: VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

’n Baby on board-bordjie agter in ’n motorvenster is nie daar om ander motoriste aan te por om versigtig te ry nie. O, nee!. Daai bordjie dien eintlik as waarskuwing vir ander motoriste téén die mamma in die voertuig.

So skryf Chantelle de Wet in haar boek, SUPERMA (en ander mites).

Om kinders groot te kry is ’n uitdaging waarvoor daar nie keuring of eksamens is nie, en jou bondeltjie liefde word ook nie met ’n handige handlei-ding afgelewer nie.

SUPERMA (en ander mites) bied ’n humoristiese kykie op swangerskap, geboortes, babadoeke, seks na kinders en die hoeveelheid wyn wat daarmee gepaard gaan. Ons almal streef om superma’s te wees, en dit help om soms die humor in die harde werklikheid raak te sien. Chan- telle noem ’n ding op sy naam; selfs al is dit ’n lelike ding met ’n lelike naam.

“Ouerskap dwing jou om jouself te leer ken. Dinge wat ek vas oortuig was, ek nooit sal doen nie, vind nou op ’n daag-likse basis in ons huis plaas. Ek jok sonder om te blik of te bloos. Ek vee snot af sonder om te gril. Ek maak doeke skoon en vee braaksel op sonder om self naar te word. Ek eet ou kos, halfgekoude kos, koue kos. Ek soen snotbekkies en vuil voete. En ek doen dit met liefde en plesier. Al dink ander ek is grillerig,” skryf sy in haar boek.

Helen Schöer, redakteur van Baba & Kleuter-tydskrif, sê: “Die skrywer is eerlik, intelligent, snaaks en vol oneerbiedige opinies. Mens hou sommer dadelik van haar. Meestal het ek kopknikkend gelees, maar selfs wanneer ek nie saamgestem het nie, het ek dit geniet om te hoor hoe sy ’n ding sien, want sy’s nie vervelig nie.”

SUPERMA (en ander mites) is by toon-aangewende handelaars, en direk by LAPA Uitgewers beskikbaar.

Skakel LAPA by 012 401 0700 of besoek www.lapa.co.za.

WEN! WEN! WEN!

Drie Kouga Express-lesers kan elk Chantelle de Wet se boek SUPERMA (en ander mites) wen.

Vind die foto van die boek op die Kouga Express Facebook-blad - Kouga Express Newspaper - en laat jou eposadres in die kommentaarblok.

Die kompetisie sluit op 23 Februarie om 12:00.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 

Matric Results are coming soon!

Notify me when results become available

/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.