Wêreldbeker-rugby by die Makiti

2019-09-12 06:01

RUGBYKOORS gaan Saterdag hoog loop by die JBay Makiti.

Die Springbokke se Wêreldbeker-rugbywedstryd teen die All Blacks sal regstreeks op twee groot skerms by die fees uitgesaai word.

“Ons is baie opgewonde dat feesgangers die wedstryd saam sal kan geniet,” sê Kouga-burgemeester Horatio Hendricks.

Hy moedig ouers aan om die kinders saam te bring. “Buster en Bella sal sorg vir kindervermaak uit die boonste rakke.

“Twaalf ander kinder-karakters, insluitende die Minions en Paw Patrol, sal ook Saterdag en Sondag by die fees wees om met die jongspan te kuier.”

Dagkaartjies vir die Saterdag kos R40 vir kinders tussen vyf en 12 jaar oud, R90 vir volwassenes en R50 vir pensionarisse en Sassa-kaarthouers. Toegang is gratis vir kinders vier jaar oud en jonger.

Naweekkaartjies teen afslagpryse is aanlyn beskikbaar by www.quicket.co.za.

Saterdag se program sluit vertonings indeur Brendan Peyper, Dewald Wasserfall, Tarryn Lamb en Adam.

Die JBay Makiti vind vanaf Vrydag tot Sondag, 20 tot 22 September, by die Jeffreysbaai Karavaanpark plaas.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.