Werkers laat snoeiskêre klap

2019-09-19 06:00
Boordwerkers wys eersdaags hul slag met die snoeiskêr tydens die Felco en Agrimark boordsnoei-kompetisie in Patensie.Foto: MONIQUE BASSON

Boordwerkers wys eersdaags hul slag met die snoeiskêr tydens die Felco en Agrimark boordsnoei-kompetisie in Patensie.Foto: MONIQUE BASSON

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

TIENTALLE boordwerkers op plaaslike si-trusplase wys eersdaags hul slag met die snoeiskêr tydens die Felco Boordsnoei-kompetisie in Patensie – ’n eerste vir die Gamtoosvallei.

Die doel?

“Om erkenning te gee aan werkers wat ’n moeilike, maar absoluut noodsaaklike taak, op plase verrig - ongeag wind of reën. Of bloe-dige hitte,” sê Louis Liebenberg van Felco wat sedert 2010 snoeikompetisies in die wynbe-dryf aanbied.

Die dag skop af met registrasie om 08:30, gevolg deur die uiteensetting van die reëls om 09:00.

Beroepsnoeiers neem om 09:45 hul gelote plekke in, en die snoeiskêre begin om 10:00 in alle erns vir 45 minute te klap.

Die prysuitdeling vind om 13:15 plaas.

Die bobaas-snoeiers stap weg met medaljes, trofeë, geskenkbewyse en kontantpryse.

Elke deelnemer ontvang ’n hoed en ge-skenkpak.

“Die eer om as die beste snoeier in ’n streek aangewys te word, beteken erkenning en beloning vir werkers vir hul vakmanskap en tegniese vaardighede,” sê Liebenberg.

“Ons glo dat die sitrus snoeikompetisie so gewild gaan raak, dat uitdunne gehou sal word. Slegs finaliste sal dan na die eindronde deurdring, waar die topsnoeier in die Oos- Kaap gekroon sal word.

“Ons het met die wingersnoeikompetisie gesien dat die standaard van snoei jaarliks verbeter namate die snoeiers meeding om as wenner uit die stryd te tree. Dit help die be-dryf geweldig baie, en het ’n positiewe ekonomiese impak.”

Inligting

Die Felco Boordsnoei-kompetisie vind vanaf 08:30 tot 14:00 op Donderdag, 25 September tussen die Gamtoos-besproeiingsraad en Paksaam in Patensie plaas.

Vir meer inligting, skakel Liebenberg by 083 345 210 of TInkie by 082 891 4161.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.