Wet verander om bestaansvissers te ondersteun

2015-11-26 06:00

DIE Departement van Landbou, Bosbou en Visserye het volgens minister Senzeni Zokwana die wet ­verander om ’n wettige raamwerk te skep wat bestaansvissers in al vier die kusprovinsies erken.

Hy het die naweek in Port Elizabeth en Humansdorp, as deel van die viering van Wêreld­visserydag, gesê dit sal bydra tot baie noodsaaklike transformasie en ontwikkeling in die bedryf.

“Dit is noodsaaklik dat vissers opleiding ontvang en bemagtig word sodat hulle die drome wat hulle al jare lank koester, kan bewaarheid.

“Nou sal hierdie vissers vir die eerste keer kan verseker dat hulle nie honger ly weens die verouderde wette nie, en sal selfs ’n yslike bydrae kan maak tot ons strewe dat arm mense in Suid-Afrika nie honger hoef te gaan slaap nie.

“Dit is belangrik dat die universiteite van die Oos-Kaap nou saamwerk met die vissersbedryf. Hulle beskik oor baie belangrike inligting wat hulle met die be-dryf kan deel en só help om dit uit te brei.

“Klimaatsverandering en die uitwis van visvoorrade is ­uitdagings wat oorkom moet word om die bedryf volhoubaar te maak vir die toekoms en die nageslag,” het Zokwana gesê.

Hy het gesê die oorgrote meerderheid van die miljoene vissers in die wêreld is bestaansvissers en hulle vang gesamentlik meer as die helfte van vis wat wêreldwyd aangewend word vir menslike gebruik.

Zokwana het gesê die departement is besig om bestaans­vissery-regulasies te finaliseer wat sal voorskryf hoe vis-sersregte aan bestaansvissers op ’n mandjiestelsel toegeken sal word.

Hy het bygevoeg dat sy departement, as deel van Operasie Phakisa, die ontwikkeling van klein hawens en sloepe vir bestaansvissers ondersoek.

“Die departement hoop om hiermee ’n yslike duik in armoede binne die bestaansvissersgemeenskappe te maak en om hul ekonomieë te verbeter deur ’n verbeterde waarde- ketting en ook deur toerisme,” het Zokwana gesê.

Volgens dr. Serge Raemaekers van die UK speel bestaansvissers ’n belangrike rol in voedselsekerheid en die kultuur van kusdorpies, maar hulle is steeds ’n gemarginaliseerde groep in Suid-Afrika.

“Hulle beskik nie oor regte, ’n sê in die bestuur van hul ­hulpbronne nie, en bemagtiging in die bemarkingsketting nie,” het hy gesê.

“Met hierdie stelsel, wat op enige (slim)foon werk, kan die vissers hulself bemagtig deur onder meer hul vangste aan te teken, hul vei- ligheid op see te verbeter en waarde toe te voeg tot hul werk,” aldus Raemaekers.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.