Wiskundekompetisie oop vir skole

2019-03-21 06:03

VERLEDE jaar het Netwerk24 in samewerking met Die Burger, Beeld en Volksblad asook Cum Laude Media die grootste nasionale aanlyn-wiskundekompetisie in Afrikaans vir hoërskoolleerlinge geloods.

Na vele versoeke is daar besluit om die kompetisie ook vir laer­skole te hou. Die goeie nuus is dat daar geen inskrywingsfooi gevra word nie!

Laerskole word aangemoedig om hul gr. 6- en gr. 7-leerlinge, en hoërskole hul gr. 10-, gr. 11- en gr. 12-syferslimleerlinge in te skryf, waartydens leerlinge en skole met baie wengeld kan wegstap! Die vraestelle is slegs in Afrikaans.

Hoe werk dit?

Registreer op www.cumlaudemedia.com. Vir die laerskoolkompetisie, klik op die laerskoolblokkie en op die hoërskoolblokkie vir die hoërskoolkompetisie.

Leerlinge kan self aanlyn registreer of onderwysers kan hulle registreer, voor of op Woensdag 1 Mei.

Registrasie sluit om middernag op dié dag.

Indien die registrasie suksesvol was, sal elke leerling bevestigende e-pos met inligting oor die wiskundekompetisie ontvang.

Onderwysers sal voor die uitdunronde e-pos ontvang van leerlinge wat geregistreer het.

Die uitdunronde vind plaas op Vrydag 3 Mei om 14:00 (laerskool) en Vrydag 10 Mei om 14:30 (hoërskool). Die skakel na die vraestel sal dan aktief wees.

  • L

Elke finalis, wat die eindronde bywoon, ontvang R1 000 as aanmoedigingsprys.

Hoërskoolkompetisie

  • Eerste plek: R20 000 (met R20 000 vir die skool)
  • Tweede plek: R15 000 (met R15 000 vir die skool)
  • Derde plek: R10 000 (met R10 000 vir die skool)

Laerskoolkompetisie

  • Eerste plek: R15 000 (met R15 000 vir die skool)
  • Tweede plek: R10 000 (met R10 000 vir die skool)
  • Derde plek: R5 000 (met R5 000 vir die skool)

Vir meer inligting, stuur e-pos na wiskunde@cumlaudemedia.com of besoek www.cumlaudemedia.com.

NEXT ON NEWS24X

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.