Woede oor historiese geboue

2016-09-22 06:00
Ou spoorweghuise van 1904 word afgebreek en tot bouvalle gemaak, ’n plaashuis naby Loerie wat uit die 1800s dateer, word stuk-vir-stuk gesloop (foto) en grafte loop onder vandale deur.                                                         Foto: THEO VOSLOO

Ou spoorweghuise van 1904 word afgebreek en tot bouvalle gemaak, ’n plaashuis naby Loerie wat uit die 1800s dateer, word stuk-vir-stuk gesloop (foto) en grafte loop onder vandale deur. Foto: THEO VOSLOO

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

INWONERS en liefhebbers van Kouga se historiese geboue is hoogs ontsteld oor die versuim om die openlike vandalisme en soms moedswillige afbreek van geboue ouer as 60 jaar, stop te sit.

Die ou watermeul in Humansdorp, opgerig in 1874, is so afgetakel dat nog net die mure en dak oor is - dit na die meul in 1999 ten volle gerestoureer was. Die watermeul is vir die eerste keer in 1989 deur die Historiese Mu- seumvereniging gerestoureer. Dit was die eerste restourasieprojek van ’n gedenkwaar-digheid wat op die dorp aangepak was.

Ou spoorweghuise van 1904 word afgebreek en tot bouvalle gemaak, ’n plaashuis naby Loerie wat uit die 1800s dateer, word stuk-vir-stuk gesloop en grafte loop onder vandale deur.

Houtheinings is weg, houtdeure en -vensters is uitgeruk, pleister is afgekap, dakplate is weggedra en vuur word binne in die huise gemaak.

“Die stelselmatige aftakeling en onwettige sloping van geboue ouer as 60 jaar, sowel as die skending van grafte in die gebied, is ’n groot probleem,” sê Theo Vosloo, voorsitter van die Humansdorp Museum Vereniging.

“Dit is hartseer as ’n gemeenskap sy historiese geboue verloor. Daar is ’n verlies aan kulturele identiteit. Die verval van geboue ontsier Kouga en maatskaplike welvaart en ekonomiese ontwikkeling word gestrem wanneer besoekers, toeriste en potensiële beleggers die agteruitgang en algemene verval van die omgewing sien.

“Dié geboue word volgens die Wet op Nasionale Erfenishulpbronne beskerm. Daar is veronderstel om na die geboue omgesien te word sodat die karakter en uniekheid behoue bly. Dit moet as bates bewaar word sodat dit nie ’n las vir die omgewing word nie. Onge-lukkig word die wet nie gehoorsaam nie en kan in sommige gevalle aan die onkunde van die publiek in die algemeen toegeskryf word.

“Verwaarloosde erfenis is ’n ernstige probleem. Dit sal nie oorkom word indien eienaars, regeringsdepartemente, private mense en organisasies nie saamwerk nie. Die ou geboue kan nie vervang word as dit eers afgebreek is nie.”

Volgens Kouga-munisipaliteit woordvoerder, Mfundo Sobele, is dit die munisipaliteit se verantwoordelikheid om plaaslike geskiedkundige geboue te bewaar, terwyl die Erfe-nishulpbron-agentskap vir die instandhou-ding van provinsiale erfenisterreine verantwoordelik is.

Volgens Sobele is die beveiliging van dié geboue ’n groot uitdaging. “Ons hoop om met die samewerking van die Erfenisraad en die betrokke belanghebbendes met ’n werkbare oplossing vorendag te kom wat nie net tot die bewaring van die historiese geboue sal bydra nie, maar ook die publiek opvoed. Die ou meul is maar een van die plekker waaroor ons be-kommerd is.”

Hy sê dar die munisipaliteit daadwerklik besig is om te verseker dat historiese geboue vir die nageslag behoue bly.

“Die Humansdorp Museum word tans opgradeer, die Skulpiesmuseum is weer oop en toeganklik vir die publiek en die ou skool in Kruisfontein is skoongemaak.

“Ons hoop om vanjaar meer soortgelyke projekte aan te pak.”

Sobele gaan voort: “Wanneer die Erfenis-hulpbron-agentskap sien dat historiese geboue verwaarloos word sodat die grond ontwikkel kan word, en die geboue die potensiaal verloor om verder bewaar te word, kan hulle ingryp. Die eienaars kan beveel word om die gebou te herstel of op te gradeer binne ’n redelike tydperk, en tot die tevredenheid van die agentskap.

“As die eienaar dit nie doen nie, kan die Erf-enishulpbron-agentskap dit self doen en die rekening aan die eienaar stuur.”

Die Wet op Nasinale Erfenishulpbronne maak ook versiening vir die kriminele vervolging van oortreders met toepaslike boetes en tronkstraf indien skuldig.

Inwoners kan ook tot die beveiliging en bewaring van Kouga se erfenis bydra.

In gevalle waar die publiek van die afbreek van historiese geboue bewus is, of die versteuring van grafte, kan dit by die munisipaliteit aangemeld word. Klagtes kan direk by die Suid-Afrikaanse Polisiediens ingedien word.

Die munisipaliteit het ’n Erfenisraad ge-stig. “Dit is ’n vrywillige struktuur en bestaan uit lede van die gemeenskap,” sê Sobele.

“Dié komitee is nog in sy kinderskoene en benodig die ondersteuning van die publiek. Ons gaan binnekort ’n algemene jaarvergadering hou waar die publiek die geleentheid sal hê om by die Erfenisraad-komitee betrokke te raak.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

Men.24 Model of the Week: Wendy from Cape Town

Find out more about our featured model, Wendy from Cape Town

 
 

You won't want to miss...

Who are the highest paid models of 2017?
10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham
WATCH: Pornhub is giving users free access to premium content these holidays
5 top leg exercises for men
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.