Wolkbreuk in Kouga, KouKamma bring welkome reën

2019-02-07 06:00

WYDVERSPREIDE en welkome reën het Saterdag oor groot dele van die Oos-Kaap uitgesak.

Sowat 12 mm reën het in Nelson Mandelabaai geval en 19 mm is in die metro se opvangsgebied in Kareedouw gemeet.

In die binneland het meer as 23 mm reën geval by Mid­dleton (Henry’s Flats) en 39 mm by Queenstown.

Volgens Garth Sampson, woordvoerder van die weerkantoor, was daar ’n wolkbreuk in die berge in die Middelburg-omgewing.

In die Willowmore-streek het 30 mm reën by die Bhejane-wildreservaat uitgesak en die berg se afloopwater het damme volgemaak.

Adriana Theunissen het op Facebook gesê: “Water het letterlik in die pad afgeloop. Ons is diep dankbaar.”

Volgens Sampson is die volgende reënval in by die opvangsgebiede gemeet:

  • Joubertina: 6,8 mm
  • Kareedouw: 19 mm
  • Kougadam: 18,5 mm
  • Patensie: 23,2 mm
  • Swartkops: 7,9 mm
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.