Wolweek vir eerste keer in Baai gehou

2016-03-17 06:00
Bonita Francis (links) van die Nasionale Wolkwekersvereniging en Lucy Leurs van BKB wat gister die bekendstelling van Wolweek 2016 in Port Elizabeth bygewoon het, hier saam met ’n paar vierpotiges.  Foto: THEUNS BOTHA

Bonita Francis (links) van die Nasionale Wolkwekersvereniging en Lucy Leurs van BKB wat gister die bekendstelling van Wolweek 2016 in Port Elizabeth bygewoon het, hier saam met ’n paar vierpotiges. Foto: THEUNS BOTHA

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

NELSON Mandelabaai skud sy vere – of is dit wol – reg vir wanneer die jaarlikse Wolweek vir die eerste keer later vandeesmaand hier gehou word.

Louis de Beer, hoofbeampte van Cape Wools SA, sê Wolweek is ’n jaarlikse internasionale inisiatief wat ondersteun word deur die veldtog vir wol en die Suid-Afrikaanse wolbedryf.

Die geleentheid – van 30 Maart tot 2 April – sal bygewoon word deur die groot rolspelers in die Suid-Afrikaanse wolbedryf asook mode-ontwerpers, binneversierders en mense met ’n liefde vir wol.

“Wolweek is in 2010 bekend gestel in Londen, wat as die hoeksteen van die wolbedryf beskou word. Daarna het die Wolweek-geleenthede al plaasgevind in Parys, New York, Tokio, Sydney en nou in Port Elizabeth,” het ’n opgewonde De Beer gesê.

“Die wolbedryf is ’n volwasse bedryf en dis nie maklik om op baie eerstes aanspraak te maak nie. Ons maak egter nou daarop aanspraak dat Wolweek ’n eerste vir Port Elizabeth, ’n eerste vir ons generasie en ’n eerste in sy aanbiedingsformaat gaan wees.”

Ander Suid-Afrikaanse Wolweke is al in Kaapstad en Sandton gehou.

De Beer sê dit “sou lekker gewees het om besoekers van reg oor die wêreld te hê, maar ons verwag dat die inwoners van die Baai se belangstelling geprikkel sal word, sowel as dié van die omliggende streke.

“Die Wolweek is in die skoolvakansie en ons hoop dat baie ouers en kinders van die geleentheid gebruik sal maak om te kom loer wat aangaan met wol.”

Die gebruike van wol in mode, ontwerp en landbou gaan in hierdie week ten toon gestel word.

Daaglikse demonstrasies van die skeer van skape en hoe honde as skaapherders optree, gaan vir die eerste keer deel wees van Wolweek.

Die uitstalling sal by die Walmer Park-winkelsentrum te sien wees en die buitelugaktiwiteite soos die skaapskeerdery by die aangrensende Hoërskool D.F. Malherbe.

Toegang tot die buitelugaktiwiteite kan verkry word van die winkelsentrum se parkeerterrein.

Cape Wools SA het ’n paar van Suid-Afrika se top-modeontwerpers en die Kaapse Wewersgilde bymekaargebring om ontwerperswolklere, geskik vir internasionale verhoë, te skep. Hierdie klere sal vir die duur van Wolweek in die Walmer Park winkelsentrum te sien wees.

Drie van die ontwerpers, Tamara Cherie Dyson, Thabo Makhetha en Thula Sindi, sal daar wees.

Cape Wools SA het ook modeontwerp-studente uitgedaag om met hul beste wolontwerpe vorendag te kom. Die vier wenners – Roze Mizon, Jade Mooi, Jason van Graan en Isabel Briton – se ontwerpe gaan ook gedurende die week te sien wees. Hulle is studente by die Kaapse Universiteit van Tegnologie.

Meer inligting oor Wolweek is beskikbaar by Nicole by nicole@capewools.co.za.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

6 myths about male cancer

It is important to be aware of the most prevalent cancer diseases amongst men in our country.

 
 

You won't want to miss...

Who are the highest paid models of 2017?
10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham
5 top leg exercises for men
10 best dressed men of 2017
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.