Woodridge gee ‘District Six’ lewe in die Baai

2017-07-27 06:01
Luke Erasmus (agter links), Onika Ngewu en Avuxeni Tyala, leerlinge van Woodridge College, in ’n ligte luim tydens repetisies vir die verhoogproduksie District Six wat hulle eersdaags op die planke bring.                                                 Foto:LUBELLA PHOTOGRAPHY

Luke Erasmus (agter links), Onika Ngewu en Avuxeni Tyala, leerlinge van Woodridge College, in ’n ligte luim tydens repetisies vir die verhoogproduksie District Six wat hulle eersdaags op die planke bring. Foto:LUBELLA PHOTOGRAPHY

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DISTRIK Ses word eersdaags ‘lewend’ in Port Elizabeth.

Woodridge College voer van 3 tot 5 Augustus David Kramer en Taliep Petersen se wenproduksie District Six in die Savoy-teater in Port Elizabeth op.

District Six vertel die destydse tragedie, toe bewoners van Distrik Ses in Kaapstad kragtens die destydse Groepsgebiedewet uit hul wonings gesit is. Die verhoogproduksie bied ’n blik op die tragiese gevolge van miskenning van ander se regte en hul menswaardigheid.

Die regie vir Woodridge se weergawe van District Six word behartig deur Caren Bestbier, met musiekversorging deur Virgil Matrass en choreografie deur Chireen Ferreira.

Bestbier, Hoof van Drama aan Woodridge College, is opgewonde oor die geleentheid om die regie te behartig: “Drama het die potensiaal om te genees en te onderrig, en ek glo die besluit om voort te gaan met die produksie ten spyte van die brandskade aan die skool sal beslis bydra tot Woodridge se onblusbare gees!”

Kaartjies is beskikbaar by Computicket teen R95 vir volwassenes en kinders, asook R80 vir pensioenarisse. Kaartjies vir die openingsaand, 3 Augustus, kos R110 en sluit verversings in.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.