Woonwa deur brand vernietig

2016-06-09 06:00
’n Karavaan is die afgelope Vrydagaand in Astonbaai se woonwapark tot as verband. Foto: JANNIE HOUGH

’n Karavaan is die afgelope Vrydagaand in Astonbaai se woonwapark tot as verband. Foto: JANNIE HOUGH

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

’n Karavaan is die afgelope Vrydagaand in Astonbaai se woonwapark tot as verband nadat sommige inwoners van die dorp ’n harde geluid soos ’n ontploffing gehoor het. Die woonwa was die eiendom van twee ouerige bewoners van die park, Theuns en Hester Fourie. Sy is ’n pensioenaris en hulle is die opsigters van die park.

Volgens ’n inwoner van ’n nabygeleë huis, asook ’n bewoner van die woonwapark, was daar rondom 22:00 ’n baie harde geluid wat vêr gehoor kon word. Die Fourie-gesin se woonwa het vlam gevat en is totaal verwoes. Net stukke gebuigde staal en as is op die to-neel agter gelaat.

’n Motoris wat tydens die brand by die park verbygery het, het die vlamme gewaar en aanhoudend op die motor se toeter gedruk. Dit kom voor asof hierdie geluide die mense in die brandende woonwa wakker gemaak het. Mev. Fourie het in haar nagklere en sonder skoene uit die woonwa gevlug.

Die polisie en brandweer is ontbied, maar niks kon gedoen word om die woonwa of die inhoud daarvan te red nie.

Daar loop ook ’n gerug dat daar sprake is van brandstigting.

Volgens Ria du Toit, lid van die Astonbaai Upliftment Projects, is verskeie SMS’e dadelik uitgestuur waarin inwoners wou weet hoe hulle kan help. Navrae kan gerig word aan Tilly Bothma, Woodpeckerstraat 44, Astonbaai. Geldelike bydraes vir die gesin kan inbetaal word by FNB Jeffreysbaai, takkode 210-515, rekeningnommer 62583471603,

Enige ander fisiese bydraes kan afgelewer word by Tilly Bothma, of by Aston Arms-restaurant in Astonbaai.

Die gesin het klaarblyklik ná die brand by familie in Paradysstrand tuisgegaan en was nie vir navrae beskikbaar nie.

Die saak word deur die polisie ondersoek.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.