Baaise spelers verbeter Guinness rekord

2015-11-04 06:00
Voos gespeel, maar Lifa Mdube van die Eezy Fana-span het nie toegelaat dat ’n spierpyn hom van die rugbyveld weghou nie. Kort nádat Nevan Kampher van die Relay-ambulansdiens vir Mdube met sy stywe spiere gehelp het, was hy terug op die veld om die 27

Voos gespeel, maar Lifa Mdube van die Eezy Fana-span het nie toegelaat dat ’n spierpyn hom van die rugbyveld weghou nie. Kort nádat Nevan Kampher van die Relay-ambulansdiens vir Mdube met sy stywe spiere gehelp het, was hy terug op die veld om die 27

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIT het 27 uur, ’n gebreekte arm, ’n rugbesering en talle voetblase gekos om die Baai die rekordhouer te maak vir die langste rugbywedstryd wat nog gespeel is.

Vrydag het 46 spelers van Siya­khula, Sports ­Revolution, Swallows en Motherwell aaneen meer as 20 gewone rugbywedstryde by die Dan Qeqe-stadion in Zwide gespeel om die bestaande rekord vir die langste rugbywedstryd van 25 uur, 59 minute en 47 sekondes te verbeter.

Dié rekord, aangeteken in die Guinness World Records, is verlede jaar in Augustus tussen die Boars en Barbarians by die Bromsgrove-rugbyklub in Worcestershire, Engeland, opgestel.

Saterdagmiddag, omstreeks 14:17, het twee spanne, Eezy Fana en Camagu, ná 27 uur, 2 minute en 52 sekondes se speeltyd van die veld gestrompel.

“Hul voete was vol blase. Hul truie vol sweet, stof en bloed, maar niks het hulle gekeer om met die uitdaging deur te druk nie,” het Noxolo Nqwazi, uitvoerende direkteur van sport, ontspanning, kuns en kultuur in die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit, gesê.

Maar dit was so byna of die rekordpoging, wat ter ere van oudpres. Nelson Mandela se 27 jaar in gevangenskap gespeel is, was onsuksesvol. Want toe Panki Tyobelo, Camagu se kaptein, teen 02:00 Saterdagoggend sy arm breek, het spelers dit as ’n geldige verskoning gesien om handdoek in te gooi.

“Maar ek het geweier. Ons het reeds so ver gekom. Toe stap ek met my gebreekte arm terug op die veld en sê ek sal speel tot die tyd verby is.

“My span het my vinnig gevolg, én toe het ons gespeel,” het Tyobelo gesê.

Camagu het uiteindelik met 725 punte teenoor Eezy Fana se 688 geseëvier. Elke span het R15 000 as prysgeld ontvang.

“Die spelers het dit nie vir die geld gedoen nie. Hulle het dit uit liefde vir rugby gedoen, ook om te bewys dat jy nie altyd as ’n kampioen gebore word nie, maar soms gemaak word,” het Mazizi Msutu, president van die organiseerder, City of Champions, gesê.

Dié rekord sal na verwagting in volgende jaar se Guinness World Records opgeneem word.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham

Here are just ten of our favourite plus-sized models:

 
 

You won't want to miss...

WATCH: Pornhub is giving users free access to premium content these holidays
5 top leg exercises for men
10 best dressed men of 2017
How to open a beer bottle without an opener
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.