Bekendes dans vir liefdadigheid

2015-07-29 11:51
In menige sitkamers word daar alweer kliphard dans geoefen, want oor ’n maand is dit weer ene swier en styl wannneer die Sway in the Bay liefdadigheids-dansfunksie aangebied word. Chris Dunderdale (heel links), Crystal Watson, asook Robyn Mason en Le

In menige sitkamers word daar alweer kliphard dans geoefen, want oor ’n maand is dit weer ene swier en styl wannneer die Sway in the Bay liefdadigheids-dansfunksie aangebied word. Chris Dunderdale (heel links), Crystal Watson, asook Robyn Mason en Le

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

SWIER en styl wag op die Baai wanneer plaaslike baldansers en bekendes in Augustus die dansbaan open om geld vir liefdadigheid in te samel.

Sway in the Bay, sal ervare dansers en (soms) minder ervare bekendes die geleentheid gee om hul danspassies, talent en kreatiwiteit vir ’n goeie doel aan te wend.

Miranda Botha, professionele balsaal-danser en ondervoorsitter van die Suid-Afrikaanse dansinstrukteursvereniging (SADTA), het gesê dit is die tweede keer dat hierdie skouspel in die Baai aangebied word.

“Ons het ’n paar jaar gelede ’n soortgelyke geldinsamelingsprojek aangebied en het besluit om dit nou weer te doen, aangesien mense nooit ophou vra het wanneer ons dit weer gaan doen nie.”

Sy het gesê die projek is baie gewild onder toeskouers en deel- nemers.

“Elke bekende dans saam met ’n ervare balsaal-dansstudent. Die paartjies moet self die musiek en tema vir hul items kies en ook self hul danspassies uitwerk.”

Volgens Botha sal elke danspaartjie twee danslesse kry en moet dan verder op hul eie vir die gala-aand wat op 22 Augustus plaasvind, voorberei.

Plaaslike ontwerpers sit ook handjie-by om ekstra swier aan die geleentheid te gee.

Heinz van Heinz in Style sal die manne se uitrustings verskaf, terwyl Johan Wolmarans en Peter Mann vir die vroue-dansers se rokke verantwoordelik sal wees.

“Dit gaan baie interessant wees om te sien watter temas die paartjies kies en hoe ons dit deur die uitrustings kan help versinnebeeld,” het Heinz gesê.

Die geld wat met die projek ingesamel word’ sal tot die bevordering van dans as sport onder studente en by die MTR Smit Kinderoord in Port Elizabeth aangewend word.

Dr Crystal Watson, direkteur van die MTR Smit Kinderoord, het gesê daar heers groot opgewondenheid oor die projek. “Ons is so dankbaar dat Sway in the Bay weer vanjaar plaasvind en dat ons deel daarvan kan wees. Dit gaan wonderlik wees om blootstelling aan ons plaaslike danstalent te gee en om die verskuilde talent van plaaslike bekendes te ontgin.”

Kaartjies vir die geleentheid kos R200 per persoon of R2000 vir ’n tafel van 10. Die prys sluit ligte eetgoed en twee bottels wyn per tafel in.

Skakel 041 367 1103 vir meer inligting

NEXT ON NEWS24X

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.