Die Burger/Boardwalk Mnr. PE Saterdag gekies

2015-06-10 06:02
Die Burger/Boardwalk Mnr. PE 2015 word eerskomende Saterdag-aand tydens ’n gala-  geleentheid gekies. Hier is hulle tydens een van hul vele spanbou-uitstappies
Foto:
VERSKAF

Die Burger/Boardwalk Mnr. PE 2015 word eerskomende Saterdag-aand tydens ’n gala- geleentheid gekies. Hier is hulle tydens een van hul vele spanbou-uitstappies Foto: VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Die Burger Boardwalk Mnr. PE vir 2015 sal Saterdagaand, 13 Junie, tydens ’n spoggeleentheid by die Boardwalk se Internasionale Konferensiesentrum aangewys word.

Sedert die ontstaan van die kompetisie het die gala-aand ’n onbetwiste hoogtepunt op die stad se sosiale kalender geword.

Die plegtigheid span die kroon op ’n mallemeule van bedrywighede oor ’n tydperk van nege weke.

’n Spanbounaweek by Kuzuko Lodge buite Port Elizabeth, het die finaliste se uithouvermoë tot op die uiterste beproef, maar gelukkig is hulle met die hulp van Profiles Health Club in puik fisiese toestand.

Saam met die waaghalse van die Eastern Cape 4x4 Challenge Club, het die adrenalien behoorlik gepomp en die modder gespat. Sensei Clint Frieselaar het die manne touwys gemaak met verdedigingstegnieke.

Dit was egter nie net aksie en adrenalien nie. Die finaliste is geskool in die fynere kunsies van openbare optrede deur motiveringsghoeroe, dr. Janin Vansteenkiste.

Trigon het hulle psigometries getoets vir belangstellings, persoonlikheid en vermoëns.

Danksy Pastryworks sal die nuwe Die Burger Boardwalk Mnr. PE en sy mede finaliste die pad na ’n geliefde se hart ken met kookvernuf en die fynere kunsies van onthaal.

Die kompetisie het ten doel om die jong manne bewus te maak van behoeftes in die gemeenskap en om maniere te vind om dit aan te spreek. Die Burger Boardwalk Mnr. PE 2015 ondersteun die ACVV Khayalethu Jeugsentrum en die NSRI.

Die wenner sal ook ’n liefdadigheidsorganisasie van sy keuse tydens sy jaar as Die Burger Boardwalk Mnr. PE ondersteun. Hy is ook die KANSA, manlike kanker ambassadeur.

By die gala-aand sal die manne ’n lus vir die oog wees geklee in die nuutste modeneigings deur Birch’s Man, bokhaar-produkte en formele aanddrag deur Heinz In Style.

Die gehoor sal vermaak word deur Two Tone en dansers van Viruosity. Die verhoog word versorg deur Angelic Wonders Decor, terwyl Above and Beyond Productions en CB Entertainment die tegniese sy van die produksie beheer.

Die produksiekoste word geborg deur Algoa Steel. Sphere Photography is die amptelike fotograaf. ABT Business Services is verantwoordelik vir die berekening van die punte. Met ’n magdom ongelooflike pryse op die spel is dit van uiterste belang dat die wenner eerlik en regmatig aangewys word.

Die wenner sal met die komplimente van British Airways na ’n Sun International Hotel vlieg om sy kontantprys, geborg deur The Boardwalk, te gaan spandeer.

Die ontwerpershorlosie van Francarlo Designer Goldsmith en ’n nuwerwetse haarstyl deur Shag High Voltage Hair, om maar ’n paar van die lang rits pryse te noem, sal sorg dat die jong man die koppe laat draai.

Kaartjies vir die geleentheid vra slegs ’n donasie van R120 en kan gekry word by die finaliste of Heinz In Style, Derde Laan 45, Newton Park

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

Man scores date with tennis superstar after Twitter bet

It’s a modern day Cinderella story, but one American man took ‘shoot your shot’ seriously in 2017.

 
 

You won't want to miss...

6 myths about male cancer
Who are the highest paid models of 2017?
10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham
5 top leg exercises for men
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.