‘Groen’ gebou vir kinders in Joe Slovo

2015-09-16 06:00
Die Silindokuhle-crèche is ook met afvalmateriaal gebou – soos die meeste van die huise in die Joe Slovo-township – maar tog staan dit soos ’n baken van hoop uit, omdat dit danksy die samewerking van liefdadigheidsorganisasies en ander rolspelers spe

Die Silindokuhle-crèche is ook met afvalmateriaal gebou – soos die meeste van die huise in die Joe Slovo-township – maar tog staan dit soos ’n baken van hoop uit, omdat dit danksy die samewerking van liefdadigheidsorganisasies en ander rolspelers spe

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

MET 260 palletplanke, 1 500 leë wynbottels, 15 plastiekplate, ses maande se harde werk en baie donasies is ’n “baken van hoop” in ’n Baaise township opgerig.

Dié eens vervalle Silindokuhle-crèche in die Joe Slovo-township sal aanstaande week as ’n nuwe “groen” gebou sy deure vir die 85 kinders oopmaak.

“Die idee van ’n omgewingsvriendelike gebou is ook om die inwoners idees te gee oor wat hulle met herwinbare materiaal kan doen,” het Kevin Kimwelle, ’n argitek wat as vrywilliger vir die Love Story-liefdadigheidsorganisasie (een van die rolspelers in die projek) werk, gesê.

Die “groen” gebou, wat onder die inwoners as “die gebou met die hoë dak” bekend staan, staan letterlik bo die res van Joe Slovo se opslaanhuise uit. Hoewel afvalmateriaal ook gebruik is soos vir die meeste van die opslaanhuise, meen Kimwelle die geheim lê in beplanning.

“Mense moet net anders begin kyk na goed wat hulle so maklik in die drom gooi,” het Kimwelle gesê.

Kimwelle verwys na die meer as duisend leë wynbottels wat oor ’n tydperk by restaurante in Richmond Hill versamel is. Die verskillende skakerings van die 1 500 groen wynbottels is in lyne gepak en vasgeplak om die voorste muur van die crèche te vorm. Palletplanke en plastiekplate is vir die res van die buitemure gebruik, terwyl buitebande, met kaktusse, die heining voor die skoolgebou vorm.

“Die ‘groen’ gebou is ’n baken van hoop vir my en elkeen wat in die township woon,” het Patricia Piyani, hoof, gister met ’n groot glimlag gesê. “Die gebou gee ook hoop dat harde werk beloon word, want die crèche het nie oornag ontstaan nie.”

Piyani het haar droom om kinders te help in 2011 gevolg toe sy ’n dagsorg vir agt kinders by haar huis begin het. “Ek het die kleine-kleine kinders in die strate gesien speel, en was bang iemand gryp hulle of maak hulle seer. Ek het geweet ek moet hulle beskerm.”

Die dagsorg het vinnig meer as 50 kinders van die gemeenskap bygekry. Die gemeenskap het in 2013 ’n oop erf aan Piyani geskenk, waar sy ’n skool uit plate gebou het.

Verlede jaar het Love Story en GM Williams Hunt Delta in Uitenhage saamgespan om ’n nuwe gebou vir Piyani te bou.

Kimwelle het met die hulp van Franse argitektuur-uitruilstudente die omgewingsvriendelike gebou ontwerp.

“Maar hierdie is net die begin,” het Piyani opgewonde gesê

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/World
 

WATCH: Man films himself going down water slide upside down as things go very wrong…

What is at first an exciting tummy-turning adventure stunt, quickly turns into a scarily bad idea caught on camera. Take a look:

 
 

You won't want to miss...

WATCH: Conor McGregor: Notorious the trailer
Best date night restaurants in South Africa
WATCH: Ryan Reynolds offers fans a free tattoo in new Deadpool 2 teaser
Should you date your co-worker?
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.