Honderdtal vir knie-arts

2015-09-23 06:00
Dr Vikesh Gajjar verduidelik hoe die Oxford-prosedure werk.

Dr Vikesh Gajjar verduidelik hoe die Oxford-prosedure werk. (THEO JEPTHA)

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

AS hy ’n krieketspeler was, was hierdie dokter beslis “100 nie uit nie”.

En met die honderdste Oxford-knievervang-ingsoperasie agter sy naam, het dr. Vikesh Gajjar van Port Elizabeth beslis al menige mense gehelp om nie “been voor paaltjie” betrap te word wanneer ’n knievervang-ing ’n noodsaaklikheid word nie.

Gajjar het verlede Donderdag sy 100ste Oxford-knievervanging gedoen.

“Ek doen omtrent een Oxford-knievervanging elke week of tweede week, omdat daar nog ’n groot aanvraag is vir ’n gewone knievervanging,” het Gajjar gesê.

Stephen Daly was Gajjar se 100ste pasiënt. Hy het knieprobleme opgedoen weens ’n rugbybesering.

“Die Oxford-knievervanging word spesifiek aanbeveel vir jonger mense asook sportiewe mense wat ’n knievervanging nodig het.”

Meeste pasiënte kan ná ’n Oxford-kniever-vanging steeds aan sport deelneem. Met ’n Oxford-prosedure word slegs ’n gedeelte van die knie vervang.

“Met die gevorderde tegnologie maak dit die operasie baie maklik, vinnig en baie minder pynlik vir die pasiënt,” het Gajjar gesê.

Die hersteltydperk ná ’n gewone knievervanging is ongeveer twee maande, terwyl dit ongeveer vier tot ses weke met die Oxford-knievervanging is.

Gajjar is die enigste dokter by die Netcare Greenacres-hospitaal wat hierdie gespesialiseerde operasie kan doen.

Hy is al 10 jaar ’n chirurg en spesialiseer in knieoperasies en doen die afgelope twee en ’n half jaar reeds Oxford-knievervangings.

Die prosedure ontleen sy naam aan die Universiteit van Oxford, waar dit oorspronklik ontwikkel is.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.