Hope O-Kaapse talent in ‘Idols’

2015-07-22 06:00
Stuart Reece wat in die Baai grootgeword het, het na die volgende ronde van Idols SA deurgedring. Idols SA word Sondagaande om 17:00 op M-Net, op Mzansi Magic en op kanaal 161 op DStv uitgesaai.
    Foto: 
verskaf

Stuart Reece wat in die Baai grootgeword het, het na die volgende ronde van Idols SA deurgedring. Idols SA word Sondagaande om 17:00 op M-Net, op Mzansi Magic en op kanaal 161 op DStv uitgesaai. Foto: verskaf

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

AL het die beoordelaars van Idols SA nie vanjaar ’n draai in Port Elizabeth gemaak nie, is daar glo ’n hele paar Oos-Kaapse deelnemers wat by die oudisies elders in die land goue kaartjies los gesing het.

In die eerste episode van die tiende Idols SA-reeks, wat op Sondag 12 Julie uitgesaai is, het Stuart Reece (26) drie ja’s van die beoordelaars gekry en so deurdring na die volgende Idols- ronde – die sogenaamde “helweek” in Sun City.

Kliek hier om Stuart Reece se oudisie te sien.

Reece wat onlangs Johannesburg toe getrek het om voltyds musikant te wees, is in Oos-Londen gebore en het in Port Elizabeth grootgeword.

Hy is die voorsanger van die Stuart Reece Band en het gesê hy het vir Idols ingeskryf om meer blootstelling vir sy musiek te kry.

“Ek was beslis ’n bietjie op my senuwees voor die tyd. Dit was ’n vreemde ondervinding om voor daai vier beoordelaars te staan met agt kameras op my.”

Verligting en dankbaarheid het oor hom gespoel toe hy hoor dat hy ’n goue kaartjie kry.

Die jong akteur en sanger Phila Madlingozi (25), seun van die musikant Ringo Madlingozi, wat in Kwa-Dwesi gebore is, het ook ’n goue kaartjie gekry.

Madlingozi en Reece is twee van net 19 deelnemers wat goue kaartjies gekry het in Pretoria.

Volgens M-Net se publisiteitshoof, Lani Lombard, het nog talentvolle Oos-Kaapse sangers hul slag by die Kaapse oudisies by GrandWest gewys.

“Ons wil natuurlik nie als verklap voor die program op televisie is nie, maar meer as ’n handvol sangers uit die Baai en omliggende gebiede het uitgestaan by dié oudisies. Dit sluit iemand in wat selfs vir Randall bekoor het en wat hy gedink het sommer dadelik ’n platekontrak moet kry.”

Buiten die deelnemers wat self die tog aangepak het na oudisies in ander streke, het ’n plaaslike radiostasie vanjaar ook hul eie oudisie-uitdunne gehou en is Alton Zakay (23), Da­niel Minnie (19), Loyiso Gijana (16) en Eugene Lucas (27) gekies om deel te neem. Hulle sal in die episode wat op Sondag, 2 Augustus uitgesaai word te sien wees.

) Idols SA word Sondagaande om 17:00 op M-Net, op Mzansi Magic en op kanaal 161 op DStv uitgesaai. Besoek www.idolssa.tv vir meer inligting.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

How to open a beer bottle without an opener

Do the right thing and never be thirsty again…

 
 

You won't want to miss...

WATCH: Man films himself going down water slide upside down as things go very wrong…
WATCH: Conor McGregor: Notorious the trailer
Best date night restaurants in South Africa
WATCH: Ryan Reynolds offers fans a free tattoo in new Deadpool 2 teaser
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.