‘Kanker-kol’ laat polisie sukkel

2015-10-21 06:00
Gemeenskapslede het na bewering verlede week twee polisiebeamptes beseer, vier polisievoertuie beskadig en die Gelvandale-landdroshof gevandaliseer nadat die eenheid teen vermeende bendelede wou optree. 
Foto: 
Werner hills

Gemeenskapslede het na bewering verlede week twee polisiebeamptes beseer, vier polisievoertuie beskadig en die Gelvandale-landdroshof gevandaliseer nadat die eenheid teen vermeende bendelede wou optree. Foto: Werner hills

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

VREES vir die nadraai van optrede teen bendes is moontlik die rede waarom die polisie in Gelvandale verlede week in twee gevalle onder skoot gekom het.

Die polisie se nuut aangestelde bende-ingrypingseenheid is verlede week, ná maande se pleidooie om hulp uit die gemeenskap, in die Baai se “bende-oorlogsone” ontplooi.

Tog was dit dieselfde inwoners wat die polisie met bottels en klippe bestook het toe die polisie teen vermeende bendelede wou optree.

Justin Oliphant, ’n kenner van die Baai se bendes, het gister beweer ’n deel van die inwoners werk saam met die bendes om hul eie veiligheid te verseker.

“Uit vrees vir die nagevolge sal sekere inwoners eerder die bendes verdedig aangesien hulle ná ’n hofsaak teen bendelede aan hul genade oorgelaat is,” het Oliphant gesê.

Ao. Alwin Labans, polisiewoordvoerder, het hierop gesê getuies word die keuse van ’n beskermingsprogram aangebied. Maar aangesien die program ’n totale nuwe lewe weg van hul bestaan behels, is getuies soms huiwerig om dit te aanvaar.

Oliphant het verder gesê ’n holistiese plan wat onderrig, korrektiewe dienste en ander wetstoepassers insluit, is nodig om bendemisdaad te bestry.

Hy het bygevoeg dat die samewerking tussen die inwoners en bendelede slegs ’n deel van die gemeenskap betrek. “Daar is ongelukkig die kanker-kol wat die polisie se werk bemoeilik. En ek verstaan tot ’n mate die vrees en morele stryd wat deur dié ‘kol’ ervaar word, maar ongelukkig sal die bendes dán bly voortbestaan.”

Nico du Plessis, DA-raadslid in die gebied, het Oliphant se siening gesteun deur te sê bendegeweld sal slegs tot ’n einde kom wanneer die polisie en lede van die gemeenskap ten volle kan saamwerk.

“Terwyl ons praat, is daar gemeenskapsleiers wat by die polisie kom hoor hoe hulle die gemeenskap kan lei om die polisie by te staan,” het Du Plessis gesê.

Volgens hom is dit ook belangrik vir die polisie in die gebied om nie net by bendeverwante voorvalle gesien te word nie, maar ook by ander nie-bendeverwante sake in die gemeenskap.

“ ’n Polisiemag wat die gemeenskap op alle vlakke dien, sal nie die gemeenskap se hulp hoef te vra nie, want die gemeenskap sal hul samewerking wil gee.”

Brig. Marinda Mills, provinsiale polisiewoordvoerder, het ook ’n beroep op gemeenskapsleiers gedoen om saam te staan en die polisie teen hul gemeenskap te beskerm.

“Ons is diep teleurgesteld oor die gedrag van sekere lede van die publiek. Die impak wat bendes op ons gemeenskappe het, is geweldig negatief en almal behoort saam te staan.”

Mills het ook gewaarsku dat die polisie nie sal huiwer om op te tree teen mense wat die polisie aanval nie

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.