Nelson Mandelabaai belangrik vir alle politieke partye

2015-05-06 12:23

DIE politieke bokskryt vir 2016 se munisipale verkiesings is om Nelson Mandelabaai ge-span, met die leierskap van drie partye wat hul visier op dié metro gestel het.

Pres. Jacob Zuma se besoek aan die Baai gister het kort op die hakke van EFF-leier Julius Malema gevolg, wat verlede week ’n Baaise draai gemaak het. Dit is ook enkele dae voor die DA se federale kongres, wat dié naweek hier aangebied sal word.

Die DA se federale raad sal by dié kongres gekies word, met 21 DA-lede wat tot sewe posisies benoem is. Onder dié benoemdes tel Athol Trollip, die DA se provinsiale leier en burgemeesterskandidaat vir die metro, wat ook die enigste Oos-Kaapse kandidaat is.

Trollip was optimisties oor sy kanse om as burgemeester én federale voorsitter gekies te word. “Daar is altyd ruimte om beter te doen in verkiesings,” het hy oor die 2014-verkiesings gesê. “Dalk kon ons reeds verlede jaar die metro gewen het, maar toe was die Baai nie een van ons strategiese punte nie. Dié keer sal ons voluit vir die Baai veg, met al ons hulpbronne.

“Die ANC is nou meer kwesbaar – en Zuma het die metro besoek omdat hy dit wéét. Hy wil vure kom doodslaan, maar hier brand die ANC. Hulle kan nie die verandering wat kom, stuit nie.”

Retief Odendaal, DA-koukusleier in die metro, is “110% seker” dat die party die Baai sal wen. “Dit sal feitlik onmoontlik wees vir die ANC om hul posisie te behou, veral nadat hulle in die 2014-verkiesings slegs 48% van die stemme op hulle kon verenig,” het Odendaal gesê.

Die DA, wat in dié verkiesing 41% van die stemme verwerf het, het die Baai boonop as “sy nommer-een prioriteit” gekies, het Odendaal gesê.

“Dit is ook hoekom ons die federale kongres vir die eerste keer hier aanbied. Dit sal etlike miljoene rande aan die ekonomie bydra, maar bowenal sal dit vir die gemeenskap wys dat ons ernstig is oor die Baai en sy mense.”

Nelson Mandelabaai is nou belangrik vir alle politieke partye omdat ’n oorwinning hier ’n goeie aanduiding sal wees van hoe die algemene verkiesings in 2019 sal lyk.

“Kortom, volgende jaar se munisipale verkiesings sal as barometer dien vir 2019,” het prof. Joleen Steyn-Kotze, politieke ontleder van NMMU, gesê.

“’n Oorwinning vir die DA sal hulle die kans gee om die Baai in hul suksesverhaal vir 2019 te omskep, soos Kaapstad voorheen was.”

Daarenteen sou ’n ANC-oorwinning dié party se posisie versterk in ’n provinsie waar hulle reeds ondersteuning verloor het. “As die DA die metro wen kan dit die ANC se oorheersende rol verswak, veral omdat die Oos-Kaap as die ANC-hartland beskou word. Dit kan die indruk wek by kiesers dat die ANC nie meer ’n verbintenis het aan die kies-afdelings waarop hulle voorheen kon staatmaak nie.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

How to open a beer bottle without an opener

Do the right thing and never be thirsty again…

 
 

You won't want to miss...

WATCH: Man films himself going down water slide upside down as things go very wrong…
WATCH: Conor McGregor: Notorious the trailer
Best date night restaurants in South Africa
WATCH: Ryan Reynolds offers fans a free tattoo in new Deadpool 2 teaser
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.