Oud-Baaienaar Esti stel vyfde album vry

2015-10-07 06:00
Esti van Rooyen het onlangs haar vyfde Afrikaanse CD ‘Om te lewe’ vrygestel. 

            Foto: VERSKAF

Esti van Rooyen het onlangs haar vyfde Afrikaanse CD ‘Om te lewe’ vrygestel. Foto: VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

MET haar engelstem, en vele CD’s agter haar naam, het Esti van Rooyen onlangs trots haar vyfde album getiteld ‘Om te lewe’ bekend gestel.

Esti het in die Baai groot geword en by Hoërskool Pearson gematrikuleer.

Haar groot deurbraak het gekom in haar tweede jaar van studeer. Sy was besig om haar graad in Media, Kommunikasie en Kultuur te voltooi, toe sy by die SABC musiekfees gesing het, en deur Gabi le Roux raakgesien is.

Sy het in 2004 in Nieu-Seeland opgetree gedurende demokrasie-vieringe. Kort daarna het sy haar heel eerste CD, genaamd ‘Breek die ruite’, bekend gestel.

Esti is al vir amper drie jaar getroud, en het onlangs deur ’n moeilike tyd gegaan, wat die grondslag vir haar vyfde album was.

“Na ek getrou het, het ek en my man uitgevind dat ek nie kinders kan kry nie, maar ons het PE toe gegaan vir hulp, en daar het ’n wonderwerk gebeur - ek het swanger geword.”

Esti se baba-dogtertjie is vroeg gebore, en as gevolg daarvan is beide mamma en dogter-tjie gehospitaliseer.

“My dogtertjie was in die intensiewe sorgeenheid, en die dokters kon nie vir my sê of sy dit gaan maak of nie.”

Die kleintjie het baie hard baklei, en vandag is sy ’n gesonde een-jarige baba, en haar ma se oogappel.

“Die tyd wat ek in die hospitaal deurgemaak het, waar ek bekommerd was oor my baba en of sy gaan leef of nie, was die inspirasie vir my vyfde album,” vertel Esti.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

Man scores date with tennis superstar after Twitter bet

It’s a modern day Cinderella story, but one American man took ‘shoot your shot’ seriously in 2017.

 
 

You won't want to miss...

6 myths about male cancer
Who are the highest paid models of 2017?
10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham
5 top leg exercises for men
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.