PE-eiser sterf glo ná fonds sloer

2015-07-22 06:00

’n GESLOER by die Vergoedingsfonds met die uitbetaling van ’n geldige besering-aan-diens-eis het moontlik tot die dood van ’n Baaise man gelei.

Volgens Schalk Pieterse van Strömbeck Pieterse Prokureurs is minstens een van sy kliënte reeds oorlede terwyl hy verskeie hofaansoeke moes bring om ’n uitbetaling van die Vergoedingsfonds te kry.

Pieterse wil nou stappe doen om die direkteur-generaal van die departement van arbeid te laat vervolg.

Intussen het die vakbond Solidariteit aangedui dat hy hom tot die Menseregtekommissie gaan wend om die Vergoedingsfonds in die bek te ruk oor uitbetalings vir geldige eise wat nie gedoen word nie.

Dit volg nadat die Suid-Afrikaanse mediese vereniging (Sama) verlede week aangekondig het dat geen pasiënte met beroepsverwante siektes en beserings verder sonder vooraf betaling behandel sal word nie, tensy lewens- of ledemaatverlies die behandeling noodsaak.

Volgens Sama moet alle ander gevalle nou na staatsinstansies verwys word. Sama se besluit is gegrond op onverwerkte geldige eise ter waarde van miljoene rande se mediese rekeninge wat deur die vergoedingskantoor betaal behoort te word.

Adv. Hanlie van Vuuren, wat Solidariteit se regswerk oor beroepsgesondheid en -veiligheid doen, het gesê die mense wat dit die minste kan bekostig, word die swaarste deur die fonds se gesloer getref.

“Dit is hartverskeurend om te sien hoe swaar soveel mense kry omdat die fonds nie eise uitbetaal nie.”

Volgens haar hou Sama se aanbeveling dat pasiënte na staatshospitale verwys moet word, probleme in. “Die meeste van die staatshospitale reik nie die nodige dokumente uit om pasiënte in staat te stel om later van die fonds te eis nie. Die beskikbaarheid van medikasie, sekere mediese dienste en kapasiteit is ook knelpunte.”

Pieterse het gesê sy kliënt wat oorlede is, moes onder meer geld van die fonds kry vir noodsaaklike medikasie. “As die dringende hofaansoeke nie nodig was nie en uitbetaling vroeër geskied het, volgens wet, kon hy dalk nog geleef het. Ons is nou besig om namens die familie die geld uit die fonds te probeer kry. Dit behels nog hofaansoeke, insluitend een om die direkteur-generaal te laat toesluit vir ­minagting. Briewe en oproepe help nie.”

Rudolf de Bruyn van Coid Consult in Port Elizabeth het gesê talle ondernemings wat mediese dienste verskaf, het reeds hul deure gesluit omdat die fonds nie eise uitbetaal nie.

“Ek gaan nou gereeld Pretoria toe, want die personeel in die fonds se Port Elizabeth-kantoor kan nie die sagtewarestelsel (Ume­hluko) gebruik nie. Hulle moet nog opleiding hiervoor kry.”

Die waarde van sy kliënte se onverwerkte eise beloop miljoene rande, het De Bruyn gesê.

) Nóg die Oos-Kaapse hoof van die Vergoedingsfonds, nóg die gesondheidsdepartement, nóg Sama het op navrae gereageer

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.