Polisieman inspireer met sy spiere

2015-09-23 06:00
A.O. J.P. Nel wat by die Nerina Kinderhof werk is uitgenooi om volgende maand Suid-Afrika te verteenwoordig in ’n IFBB-kompetisie in Italië. Kapt. Christo Landman (links) aanskou sy groot spiere. 
 Foto: 
deon ferreira

A.O. J.P. Nel wat by die Nerina Kinderhof werk is uitgenooi om volgende maand Suid-Afrika te verteenwoordig in ’n IFBB-kompetisie in Italië. Kapt. Christo Landman (links) aanskou sy groot spiere. Foto: deon ferreira

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

’n BAAISE polisieman maak ’n groot verskil in jong kinders se lewe. Nie net is sy arms groot nie, maar sy hart is ook.

Adjudant-offisier J.P. Nel werk al 27 jaar vir die Suid-Afrikaanse Polisiediens by die Nerina Kinderhof in die Baai en dit is hier waar hy ’n verskil in baie jong kinders se lewe maak.

“Die kinders wat in die hof moet verskyn is hier vir ’n rede. Hulle het iets verkeerd gedoen, maar dit beteken nie dis die einde van die wêreld nie. Dit beteken ek moet nou ’n positiewe invloed op hul lewe hê,” het Nel gesê.

Nel het self ook ’n rowwe en wilde lewe gehad voordat hy sy gesonde lewenstyl aangeneem het.

Hy het elke naweek partytjie gehou en kon nie sonder rook en drank gaan nie.

“Jy weet mos as mens jonk is, wil jy altyd ‘in’ wees. Ek kan eerlikwaar sê ek is vandag spyt omdat ek nie na myself gekyk het nie, maar ek weet ook dat dit moes gebeur sodat ek nou vir ander kan wys ’n mens kan verander,”

In 2009 het Nel se lewe ’n omwenteling ondergaan toe hy ’n nekbesering in ’n rugbywedstryd opgedoen het. Hy het vir die polisie se eerste rugbyspan gespeel.

Nel was nog altyd ’n sportliefhebber en dit het hom gebreek toe daar vir hom gesê is dat hy nie meer aan enige kontaksport mag deelneem nie.

Hy het begin oefen met gewigte in die gimnasium, want vir hom was dit eenvoudig net te erg om geen oefening te kan doen nie.

Saam met die oefenprogram het hy ’n gesonder lewenstyl aangeneem en drink en rook was iets van die verlede, en so ook al sy vriende.

“Ek het nie omgegee nie, want my liggaam was gesond en ek het my vrou en kinders wat my gelukkig maak,” sê hy.

Hy het dit nou sy missie gemaak om vir die jong kinders wat in die kinderhof voorkom te help en vir hulle die boodskap oor te dra dat hulle ook so goed soos hy kan lyk.

“Jong ouens wil altyd sterk wees en goed lyk vir die skoner geslag en dit is hoekom hulle so aandagtig na my luister en ook ’n beter mens wil wees.”

“Ek is die spytste oor my tatoeëer-merk en daarom vertel ek vir die kinders dat al kan jy nie die tatoeëer-merk wegkry nie, kan jy die verkeerde lewe opsy skyf.”

Nel het in 2010 aan liggaamsbou-kompetisies begin deelneem.

“Ek is nou in die Suid-Afrikaanse span van die Internasionale Liggaamsbou- en Fiksheidfederasie (IBFF), en het twee weke terug my divisie (oor 40) gewen,” sê hy.

Nel is ook uitgenooi om in Oktober aan die IBFF Mnr. en Mev. Heelal-kompetisie in Italië te gaan deelneem.

“Ek het al aan 20 kompetisies deelgeneem en hierdie is beslis die verste wat ek al gekom het in my sportloopbaan.”

Al donker wolkie is die feit dat hy heel moontlik nie finansieel in staat sal wees om deel te neem aan die toer wat R17 000 beloop nie.

“Ek gaan alles probeer doen wat ek kan om die geld bymekaar te maak, want ek weet my harde werk gaan beloon word.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

5 top leg exercises for men

Here’s our selection of the five best leg exercises that you can do in the comfort of your own home.

 
 

You won't want to miss...

WATCH: Pornhub is giving users free access to premium content this holidays
5 top leg exercises for men
10 best dressed men of 2017
How to open a beer bottle without an opener
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.