Tonge los oor Hooters

2015-08-26 06:01
Hooters kelnerinne van links, Elana Wessels, Justine Engelbrecht, Tayla Horning en Chaylene Swift.
 Foto: 
Deon Ferreira

Hooters kelnerinne van links, Elana Wessels, Justine Engelbrecht, Tayla Horning en Chaylene Swift. Foto: Deon Ferreira

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

SOSIALE mediaplatforms is aan die brand oor die nuwe Hooters-restaurant in die Baai se skrapsgeklede kelnerinne, maar die bestuurder sê dit is ’n gesinsrestaurant soos enige ander.

Soos by die groep se ander restaurante wêreldwyd, dra die kelnerinne van Hooters in Walmer sjoebroekies en noupassende toppies.

Donovan Noyle, bestuurder van Port Elizabeth se Hooters, het gesê dit is ’n woonbuurt-restaurant vir die hele gesin.

“Daar is mense wat onder ’n wanindruk is of wat nie die Hooters-konsep verstaan nie. Dis ’n plek waar mense lekker kan eet, sport kan kyk en deur mooi meisies bedien word.”

Hy het gesê die meeste eetplekke stel meisies as kelners aan.

“Die verskil is bloot dat ons dit as deel van ons bemarkingsveldtog gebruik.”

Maar die pa van ’n dogter wat die Hooters-profiel pas, het gesê hy sal nie sy dogter aanmoedig om hier as kelner te werk nie. “Hoewel dit eindelik haar eie keuse sou wees, glo ek dat skrapsgeklede meisies en mans wat alkohol gebruik nooit ’n goeie kombinasie is nie.”

’n Erg ontstoke Elizabeth Ellis het gesê sy dink dit is skandalig dat vroue se liggame op hierdie manier gebruik word om klante na die restaurant te lok. “Waar is ’n restaurant waar die manne wit Speedo’s dra en mense bedien? Die vroulike liggaam word in hierdie geval maar net weer eens gebruik om geld te maak.”

’n Man van die stad wat anoniem wou bly, het gesê hy sal Hooters toe gaan as die kos lekker is. “Uiteet gaan vir my oor die kos. Die kelners is ’n bysaak. Maar ek kan vir jou sê, as die meisies bostukloos gewerk het sou ek gegaan het, ongeag van hoe die kos smaak!”

’n Baaise ma met twee tienerdogters het gesê sy hoop dat haar dogters teen die ouderdom van 18 jaar beter sal weet as om van hul klere ontslae te raak om geld te verdien.

“Die Hooters-meisies se kleredrag is egter nie veel erger as wat baie meisies op straat dra nie. Wat my egter meer bekommer, is dat die tipe mans wat die plek besoek kan dink hulle is geregtig op meer as net ’n goeie bord kos.”

Hooters-meisies word opgelei om vriendelike diens te lewer en word ook aangemoedig om met klante te sosialiseer. Hulle word opgelei om situasies te hanteer wanneer ’n klant vatterig of onvanpas sou raak. Wanneer ’n Hooters-meisie vermoed dat een van haar klante dalk probleme kan veroorsaak, moet sy dadelik een van die bestuurders in kennis stel.

QUESTION: WOULD YOU TAKE YOUR CHILDREN TO HOOTERS?Hooters Port Elizabeth has just opened in Walmer, their sixth SA...

Posted by PE Express Newspaper on Tuesday, 18 August 2015

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/World
 

WATCH: Man films himself going down water slide upside down as things go very wrong…

What is at first an exciting tummy-turning adventure stunt, quickly turns into a scarily bad idea caught on camera. Take a look:

 
 

You won't want to miss...

WATCH: Conor McGregor: Notorious the trailer
Best date night restaurants in South Africa
WATCH: Ryan Reynolds offers fans a free tattoo in new Deadpool 2 teaser
Should you date your co-worker?
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.