Trap groot pryse los met fietstoer en prettrappe

2015-09-02 06:00

DIE Makro Bestmed Fietstoer en Prettrappe op Saterdag 12 September in samewerking met Die Burger gaan vanjaar ’n baie groot ge-leentheid wees met reuse gelukstrekkinge, medaljes en prysgeld op die spel.

Die groter borgskap van Makro, Bestmed en Mecer tot die toer het dit moontlik gemaak om weer vanjaar ’n volledige bergfietswedren van topgehalte op Sondag, 13 September aan te bied.

Voorts span Laerskool Lorraine en NMMU vanjaar saam om die fietsryfees ’n spog ge-leentheid the maak. Token het ook vanjaar groot tot die toer toegetree deur verskeie pad- en bergfietse as gelukstrekkingpryse te borg.

Die toer vorm vanjaar deel van die Bestmed Nasionale Fietsry-reeks en die wedren is vanjaar ook ’n CANSA byeenkoms. Dit beteken dat elke ryer wat aan die wedren deelneem ’n bydrae tot die stryd teen kanker gaan lewer.

Elke ryer wat die 90km en 30km afstand voltooi sal ’n medalje ontvang. Die groot verras-sing is dat ryers wat vanjaar aan die 1km, 5km en 10km prettrappe deelneem ook medaljes sal ontvang.

Al die deelnemers aan die bergfietswedren, wat vanjaar by Crossways in die Thornhill omgewing plaasvind, sal ook medaljes ontvang. Daar sal ook vanjaar ouderdomskategorie-medaljes en prysgeld in die bergfiets-wedren aangebied word.

Daar is ook weer vanjaar baie groot prysgeld en gelukstrekkingspryse op die spel vir mans en vroue in beide die pad- en bergfiets-wedrenne. Medaljes is op die spel vir alle ryers wat hulle afstande voltooi sowel as goud, silwer en brons vir die wenners van die verskillende ouderdomskategorieë.

In die bergfietswedren is daar prysgeld op die spel in die 60km wedren. Die padwedren oor 90km gaan vanjaar weer oor die pragtige Maitlands klim en langs Seaview strek. Die meer onfikse ryers kan aan die 30km wedren deelneem wat weer absoluut op ’n plat roete gaan plaasvind.

Daar sal ook prettrappe vir die familie oor 5km en 10km aangebied word. Dan is daar ook die 1km Kiddies wedren.

Die bergfietswedren bied vanjaar meer afstande aan. Daar sal ’n wedren oor 60km plaasvind asook prettrappe oor 35km, 12km, 5km en die Kiddies 1km.

Seamans Renault gaan weer 12 diensvoertuie verskaf wat na die veiligheid van die ryers sal omsien. Die verkeerspolisie sal sorg dat alles op die roete ordelik sal verloop terwyl Sportmans Warehouse weer ryers sal by-staan wat tegniese probleme of lekbande opdoen.

Powerade gaan verseker dat niemand op die roete dors sal word nie met die drie waterpunte wat tot beskikking sal wees.

Daar word weer vanjaar ’n groot fees saam met die toer aangebied. Hansworse, voedsel en speelgoed-stalletjies, springkastele, trapkarre, “hotrod” en veteraanmotor-uitstalling en die Lorraine blaasorkes sal sorg vir groot vermaak.

Ander items wat vanjaar tydens die fees aangebied word is “Paintball”, Bulletjies-rugby, netbal en pa’s wat mekaar op die netbalbaan die stryd gaan aansê. Daar gaan dan ook vanjaar ’n biertent wees met drie grootskerm- TV’s wat deur Castle Lager geborg word. Hier sal ryers heerlik kan ontspan. ’n Nuwigheid vanjaar is die musiekfees wat die Saterdag-aand in die hooftent op die sportveld aangebied word.

Super Cycling sal ook televisie-dekking aan die byeenkoms verleen.

Meer inligting oor die toer en aanlyn inskrywing is beskikbaar op die www.lorrainecycletour.co.za. Besoek ook gerus die Facebook blad, Makro Bestmed Cycle Tour. Ryers kan ook direk by Laerskool Lorraine, Sportmans Warehouse en al die fietswinkels in Port Elizabeth en Uitenhage inskryf.

Die eerste groep ryers sal Saterdag om 7vm. vanaf Laerskool Lorraine wegspring. Die res van die groepe sal daarna met 5 minute tussenposes wegspring. Vir meer inligting skakel Jenny by 041 367 1125 of Sage by 083 252 7941.

Die 5km/10km en 1km sal in die sirkel voor die skool klaarmaak. Die 30km en 90km wedrenne sal agter die skool sportvelde in Dijonweg klaarmaak.

Wayne Pheiffer Cycles en Mongoose het twee pragtige fietse as gelukstrekking-pryse geskenk terwyl Africa Silks ’n sy-duvet van R4 000 as gelukstrekkingprys geskenk het. Daar is ook nog vele ander gelukkige pryse op die spel.

Seamans Renault sal weer vanjaar die amptelike diensvoertuie borg. Ryers wat probleme op die roete ondervind kan dit by hierdie voertuie rapporteer. Daar sal ook ’n ambulans op elke afstand diens doen asook verkeerbeamptes van die NMB Munisipaliteit.

Sportmans Warehouse sal ook ’n swerfvoertuig beskikbaar stel wat ryers wat probleme soos pap wiele ondervind sal bystaan. Laerskool Lorraine sal ’n voertuig met ’n sleepwa op die roete hê wat ryers sal optel wat groter probleme ondervind asook ’n voertuig wat saam met die laaste ryers sal beweeg.

Powerade sal weer vanjaar sorg dat daar drie verversingspunte op die roete is waar die ryers lafenis in die vorm van Powerade en water sal ontvang.

Supersport Cycling gaan vanjaar televisie-dekking aan die wedren gee en dit gaan by drie geleenthede gebeeldsend word.

Soos in die verlede sal daar ook ’n voedselfees aangebied word met vele stalletjies en interessante aktiwiteite soos onder meer talentkompetisies, springkastele en ponie-ritte.

Registrasie en laat inskrywings kan op Vrydag 11 September van 4nm. tot 8nm. by Laerskool Lorraine gedoen word. Die eerste wedren sal stiptelik om 8vm. op Saterdag 12 September voor die skool begin.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

5 top leg exercises for men

Here’s our selection of the five best leg exercises that you can do in the comfort of your own home.

 
 

You won't want to miss...

WATCH: Pornhub is giving users free access to premium content this holidays
5 top leg exercises for men
10 best dressed men of 2017
How to open a beer bottle without an opener
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.