Wagtyd by ’n nagmerrie vir talle pasiënte

2015-10-07 06:00

BY die Livingstone-hospitaal in die Baai moet mense glo minstens nege maande wag voordat mediese skanderings, wat lewensbedreigende siektes moet help uitwys, op hulle gedoen kan word.

Vir talle pasiënte met gesondheidsvrese is dit ’n nagmerrie.

“ ’n Paar jaar gelede is nasofaringeale kanker (’n seldsame kop-en-keel kanker wat in die bodeel van die keel, reg agter die neus, ontstaan) by my gediag­noseer,” het ’n Baaise man, wat anoniem wou bly, gesê.

“Ek het dit oorkom, maar die spesialis wat my nog gereeld ondersoek, vermoed die kanker is terug. Hy het my in Augustus vir ’n CT-skandering na Livingstone gestuur, maar daar het hulle gesê hulle kan my eers in Julie volgende jaar help omdat hulle tot dán volbespreek is.”

Nóg ’n pasiënt, wat ook anoniem wou bly, vrees die ergste omdat die moontlikheid van kanker ook by hom spook.

“Maak nie saak of jy met ’n verwysingsbrief van jou spesialis na Livingstone se onkologie-afdeling gaan nie, hulle werk volgens hul afspraakboek,” het hy gesê. “Dit nadat die hospitaal verlede jaar met hul hi tech toerusting in hul nuwe R100 miljoen onkologie-saal gespog het. Nou kan hulle nie die pyp rook wanneer dit by dienslewering kom nie,” het hy gekla.

’n Ontvangsdame en mediese personeellede by Livingstone het aan Die Burger die agterstand van nege tot 11 maande vir CT- en MRI-skanderings bevestig. Volgens hulle is ’n tekort aan radioloë die rede hiervoor.

Sizwe Kupelo, provinsiale woordvoerder vir gesondheid, het dit egter ontken.

“Alle MRI-skanderings word, afhangend van die spesifieke skanderingsvereistes wat gestel is, binne ’n week gedoen,” het hy gesê. “As daar wagtye is, is dit nooit langer as drie weke nie.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.