‘Aartappels nié gou weer duurder nie’

2016-05-11 06:00
Aartappelpryse het vroeër vanjaar tot R100 per 10 kg gestyg.  Foto: Vida Booysen

Aartappelpryse het vroeër vanjaar tot R100 per 10 kg gestyg. Foto: Vida Booysen

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

GOEIE nuus vir verbruikers is dat die prys van aartappels die afgelope drie weke skerp gedaal het en die hoë pryse van die afgelope paar maande vir eers iets van die verlede is, volgens Aartappels SA (ASA).

Die afgelope ses maande het die vraag die aanbod erg oorskry weens die kritieke droogte waartydens verbruikerspryse die hoogte ingeskiet en die prys van ’n sak van 10 kg plek-plek tot meer as R100 gestyg het.

Volgens Pieter van Zyl, landbou-ekonoom van ASA, het gemiddelde pryse die afgelope drie weke met die helfte gedaal van R60 tot R30 per sakkie. Baie produsente behaal die jongste tyd beter opbrengste en die bedryf verwag dat pryse tussen R30 en R40 sal beweeg tot ten minste die einde van die lente vanjaar.

Die prys sal na verwagting in Augustus weer begin styg.

“Pryse het sedert November verlede jaar begin styg, hoewel sommige streke hul grootste oeste nog behaal het. Daar is baie aartappels bemark. Toe kom die droogte en gevolglik het bykans geen aartappels die markte bereik nie.

“Die pryse het aanhou styg en gedurende Januarie en Februarie vanjaar is die hoogste pryse nog, tot meer as R100 per sak van 10 kg vir aartappels van hoogstaande gehalte behaal.

“In baie streke waar boere kon besproei, het die hitte die produkte baie seergemaak, met die gevolg dat baie minder aartappels beskikbaar was op die markte,” aldus Van Zyl.

“Vanaf Januarie tot April vanjaar is 5,67 miljoen 10 kg-sakkies minder, of 17% minder, op die nasionale varsproduktemarkte verkoop as in die ooreenstemmende tydperk verlede jaar.

“Markpryse was gevolglik 93% hoër vir hierdie tydperk.

Ten opsigte van die 2016-bemarkingsjaar word verwag dat sowat 50 000 ha geplant sal word, en die aanduidings is dat nie minder geplant sal word as gedurende 2015 nie.

Volgens Van Zyl word verbruikers nie deur groothandelaars uitgebuit nie, want hulle is voortdurend in kompetisie met ander handelaars en kan nie bekostig om pryse op te jaag nie.

“Hier en daar mag kleiner handelaars hul pryse hoër maak, maar dit baat hulle ook nie juis meer nie, want verbruikers doen hul huiswerk deesdae goed en weet waar hulle goeie gehalte teen die beste pryse kan kry.”
– LOURENS SCHOEMAN

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.