Algoabaai-seiljagklub moet geboue ontruim

2018-02-21 06:00
< Die Algoabaai-seiljagklub (ABYC) in Port Elizabeth. Foto: Argief

< Die Algoabaai-seiljagklub (ABYC) in Port Elizabeth. Foto: Argief

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Die Algoabaai-seiljagklub (ABYC) sal dalk eers teen einde April die Port Elizabethse hawe kan verlaat.

Só sê Alan Straton, kommodoor van ABYC in Port Elizabeth, nadat die Transnet Nasionale Hawe-owerheid (TNPA) die afgelope naweek ’n kennisgewing aan ABYC uitgereik het dat die klub die hawe teen 28 Februarie 2018 moet verlaat.

Maar Straton sê die klub, wat in 1959 gestig is, en die TNPA het ’n skikkingsooreenkoms wat deur die hooggeregshof op 23 Augustus 2017 gemaak is en daarom is klublede nie haastig om hul goed op te pak nie.

“Ingevolge die ooreenkoms sal die ABYC op 28 Februarie ontruim mits die TNPA ’n suksesvolle huurder gekry het en dan sal die TNPA die ABYC twee maande kennis gee voor 28 Februarie.

“Indien geen huurder gekry is nie, sal die seiljagklub toegelaat word om van maand tot maand aan te bly,” sê Straton.

Hy sê hy het ook eers Sondagoggend vir die eerste keer van die verwikkelinge gehoor nadat die TNPA dié kennisgewing reeds Saterdag aan die media uitgestuur het.

“En ek het al gevra of daar ’n nuwe huurder is, maar geen antwoord nie. Dus sal ons in die ergste geval eers teen einde April ontruim, indien ons moet.”

Luidens die verklaring van Rajesh Dana, Port Elizabeth se hawebestuurder, het die TNPA reeds op 11 September 2017 met ’n tenderproses begin om ’n nuwe huurder te vind en ’n aankondiging hieroor sal binnekort gedoen word.

Dana se verklaring lui verder dat hulle die kennisgewing aan die ABYC uitgereik het ingevolge die hooggeregshof se bevel van 23 Augustus 2017.

“Ons moet aan streng bestuursprosesse vir die bestuur van huurkontrakte voldoen.

“As verhuurder werk die TNPA binne ’n wetgewende en regulerende omgewing wat deur die Wet op Nasionale Hawens no. 12 van 2005 geskep is.

“Dít vereis dat ons ’n openbare proses vir diensverskaffers volg wat die hawe van dienste en geriewe wil voorsien.

“Ons huurkontrakbestuursbeleid verlang verder dat wanneer ’n huurkontrak verstryk, die TNPA die breër gemeenskap ’n geleentheid moet bied om aan ’n proses deel te neem wat regverdig, billik, deursigtig, mededingend en koste-effektief is.”

Die ABYC sal vereis word om die geboue te ontruim wat die restaurant en kroeg akkommodeer terwyl die huurkontrak wat die TNPA met die marina het, nie geraak sal word nie. Seiljageienaars sal steeds ononderbroke toegang tot hul seiljagte geniet, lui die verklaring.

’n Regsgeding tussen die ABYC en TNPA duur reeds sedert 2009. Dit volg nadat die ABYC se huurkontrak verstryk het en daarna met ’n 61%-verhoging hernu is wat die huurkoste tot R37 000 per maand opgestoot het.

’n Dispuut rakende die huurkontrak is by die Hawereguleerder aangemeld. Nadat die TNPA die regsbevoegdheid van die Hawereguleerder vir die saak bevraagteken het, het ’n jurisdiksie-tribunaal einde Januarie bevind dat die Hawereguleerder wel oor die saak kan beslis.

’n Datum vir die verhoor is nog nie vasgestel nie.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.