Altesaam 45 elwe sit hand by vir Kersskouspel

2015-11-25 06:23
; Kersvader se elwe het die afgelope naweek ekstra hard gewerk om alles gereed te kry vir eerskomende Saterdag se groot Kersprogram in Lovemore Heights in Port Elizabeth. Die jaarlikse Grootendorst-Kersprogram sal Saterdag om 17:00 in St. Clairsweg b

; Kersvader se elwe het die afgelope naweek ekstra hard gewerk om alles gereed te kry vir eerskomende Saterdag se groot Kersprogram in Lovemore Heights in Port Elizabeth. Die jaarlikse Grootendorst-Kersprogram sal Saterdag om 17:00 in St. Clairsweg b

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE slee is gepak, die “sneeu” is spierwit en die Baai se Kersvader en Kersmoeder glimlag alte breed danksy die 45 elwe wat opgedaag het om alles vir die grootste Kerspartytjie in Port Elizabeth gereed te kry.

Hoewel dit nog ’n maand voor Kersfees is, het die ­“elwe” die afgelope naweek by die Baai se Kersfeeshuis in Lovemore Heights bymekaargekom om met voorbereidings te help.

“Meer as 1 500 geskenkpakkies is opgemaak en nou moet die laaste liggies nog net aan die bome kom,” het Lila Grootendorst, eienaar van die Kersfeeshuis en organiseerder van die Kersprogram, gesê.

Maar om al die liggies op te hang, sal nóg ’n hele klomp elwe-hande benodig word, aangesien meer as 550 m se Kersliggies gedrapeer moet word.

“Die heel grootste boom bevat agt stringe liggies van 12 m elk. Dan is daar nog ses bome én vensters waar Kersligte gehang moet word,” het Grootendorst gesê.

Ondanks al die werk wat voorlê, is Grootendorst oortuig alles sal verloop soos dit moet. Dit is immers haar en haar man, Henk, se sesde jaar as organiseerders van die Kersprogram waarin hulle aan die gemeenskap teruggee.

“Ons is absoluut mal daaroor om ons huis te versier – veral vir Kersfees – en wat dit nog beter maak, is om te sien hoe baie die kinders daarvan hou.”

Honderde besoekers bring jaarliks hul kinders om dié liggie-skouspel te sien, en daarom het die Grootendorst-egpaar ’n paar jaar gelede dit goed gedink om hul huis in ’n Kersfeeshuis te omskep.

Amptelike liggievertonings sal vanjaar van 29 November elke aand tussen 20:00 en 22:00 gehou word.

Eerskomende Saterdag word die Kersfeesprogram om 17:00 in St. Clairsweg geopen met ’n optog van elwe en Kersvader in ’n slee. Kersvader sal ook gratis geskenkpakkies aan kinders uitdeel.

Die Oos-Kaapse kinderkoor, die Algoa Caledo- nian-doedelsakorkes, asook die musiekgroep Twotone sal optree voordat die liggies omstreeks 19:00 aangeskakel word. Kersliedere sal dan gesing word.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.