Altona baat by nuwe skoenontwerp

2018-04-25 06:01
Van links is Jan de Ridder (bestuurder van IMPROCHEM/AECI), Chaneleigh Schmeizwer (8), Milano Olivier (8), Entle Potwana (8), Asaviwe Mankayi (7) en Benita Duminy (skoolhoof) tydens die oorhandiging.    Foto:reon swanepoel

Van links is Jan de Ridder (bestuurder van IMPROCHEM/AECI), Chaneleigh Schmeizwer (8), Milano Olivier (8), Entle Potwana (8), Asaviwe Mankayi (7) en Benita Duminy (skoolhoof) tydens die oorhandiging. Foto:reon swanepoel

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

LEERDERS van die Laerskool Altona in Port Elizabeth gaan hierdie winterseisoen met breë glimlagte en warm voete rondloop.

Hierdie opgewondenheid is te danke aan AECI, ’n houermaatskappy van Improchem, wat ’n deurslagtige sosiale ontwikkelingsprogram in plek het. Dié program word deur die hoof-uitvoerende beampte van die maatskappy, Mark Dytor, bestuur.

Dit sluit verskeie inisiatiewe in soos om terug aan die gemeenskap te gee, opbou en ontwikkeling deur opvoedkunde (beurse, geleerdhede en internskappe van weeskinders tot gegradueerdes), die herstel van mense se waardigheid en ondersteuning deur gemeenskappe se infrastruktuur te ontwikkel en voedingskemas te ondersteun.

Die Chrockerts Hope 4x4-gemeenskapsklub was besig met ’n soortgelyke projek in die Greenbushes-gemeenskap en het vir Jan de Ridder, bestuurder an AECI/Improchem, van die Laerskool Altona se behoeftes vertel.

AECI/Improchem het ’n nuwe projek, Barefoot in Africa no more, geïnisieer deur ’n nuwe soort skoolskoen te vervaardig. De Ridder het Maggy Khupari, menslike hulpbronbestuurder, met die idee van die projek genader wat toe deur AECI goedgekeur is.

AECI het toe KIDS ETC genader om ’n skoen te ontwerp met die volgende spesifikasies:

. Dit moet van ‘n innoverende materiaal vervaardig word;

. Skokabsorberend wees;

. Rekbaar wees vir die groei van ‘n kind se voet;

. Gemaklik wees;

. Nie blase veroorsaak nie;

. Nie gepolitoer moet word nie;

. Gewas kan word;

. Waterbestand wees;

. Herwinbaar wees.

AECI/Improchem het ’n addisionele donasie van 415 warm frokkies, onderklere, rugsakke en potloodsakkies met skryfbehoeftes aan die skool geskenk.

Die Laerskool Altona is baie dankbaar vir die groot verrassing en het groot waardering vir AECI/Improchem se skenking.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.