Arcadia inwoners kla oor swak dienslewering

2018-11-07 06:00
William Asia wys die steeg langs sy huis waar onwettige rommelstorting daagliks plaasvind.             Foto:ZELDRÉ STRAUSS SWANEPOEL

William Asia wys die steeg langs sy huis waar onwettige rommelstorting daagliks plaasvind. Foto:ZELDRÉ STRAUSS SWANEPOEL

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

INWONERS in Arcadia het slapelose nagte oor ’n onwettige stortingsterrein en waterlekkasie in dié area en beweer hul klagtes val op dowe ore.

Dit ná inwoners glo vir maande klagtes ingedien het, maar inwoners beweer die munisipaliteit verseg om met ’n oplossing na vore te kom.

Volgens William Asia, ’n pensioenaris en inwoner van Satinwoodstraat, het hy herhaaldelik die rommelstorting langs sy huis en ondergrondse waterlekkasie by sy buurman aangemeld.

Die steeg langs Asia se woning het onooglik geword met rommel wat daagliks daar gestrooi word, en wat hy gereeld self skoonmaak.

“Ek het al hoeveel keer ons raadslid ingelig oor die probleem. Ek was tot by sy kantore en skryf net elke keer my klagtes in ’n swart boek neer. Niks kom daarvan nie,” het Asia gesê.

Asia is bekommerd dat die waterlek ’n gevaar vir die huise se struktuur gaan veroorsaak as daar nie aandag aan geskenk word nie.

Die eienaar van die woning waar die waterlek tans is, Randall Bruintjies, meen dat die waterlek gesondheidsrisiko’s inhou.

“Ons kan nie so lewe nie. Dit is ongesond vir ons en die kinders. Daar word niks aan die situasie gedoen nie. Ons kan ook nie self die probleem regmaak nie, want dis ondergronds en verg spesiale toerusting,” het Bruintjies, wat werkloos is, gesê.

Volgens die wyksraadslid, Johnny Arends, was die probleme gerapporteer. “Ons het drie maande gelede die steeg langs Asia se huis skoon gemaak en het ook by die munisipaliteit opgevolg oor die waterprobleem. Ons is bewus van die probleme,” het Arends gesê.

Asia het bygevoeg, “Die waterlek veroorsaak al krake in my vloere en mure. En ek kan nie dag en nag dophou wie rommel stort nie.”

Luidens die munisipaliteit wys rekords op hul stelsel dat die probleme wel opgelos is, maar met PE Express se besoek aan die area op 31 Oktober, was dit onveranderd.

Mthubanzi Mniki, munisipale woordvoerder, het gesê, “As die waterlekkasie binne iemand se eiendom is, moet die eienaar dit self regmaak. Ons hanteer slegs lekkasies op munisipale grond, buite die eienaar se grens. Ons help ook slegs diegene wat deel vorm van die Bystand vir die Armes-program in só ’n geval.”

Volgens Asia het die munisipaliteit hom gekontak ná PE Express se navrae oor sy klagtes.

“Ná die PE Express hier was, het die munisipaliteit werkers uitgestuur om die steeg skoon te maak, maar kort daarna het mense weer kom rommel stort. Daar moet dringend iets gedoen word,” het Asia gesê.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.