AFRIGTERS en atlete kan vroeg volgende jaar, van 10 tot 12 Januarie, verskeie kursusse by die Hoër Tegniese Skool Daniel Pienaar op Uitenhage bywoon.
Die kursusse word deur die Bestmed Madibaz-atletiekklub in samewerking met OP Atletiek aangebied en sluit twee ASA-kursusse (vlak 1 en vlak 11) vir afrigters asook ’n kliniek vir atlete en hul afrigters in.
Die nommers en aanbieders is soos volg:
Naellope – Nico Bakkes
Middelafstande – Leonardo de Villiers
Hoogspring – Francisco de Vega
Verspring en driesprong – Jenny Kingwill
Diskus – Ischke Senekal
Gewigstoot – Jacobus van Zyl
Spiesgooi – Vernon Oosthuizen
Hekkies – Zirk Kemp
Hamergooi – Charlie Koen
Koördinering van afrigters – Nellis Bothma.
Vir meer inligting: Zirk Kemp (administrasie) by 084 582 1908 of Nellis Bothma (afrigting) by 082 575 1818.