Baaise joernalis bereik nuwe hoogtes

2018-10-10 06:03
Roslyn Klaasen.     Foto:VERSKAF

Roslyn Klaasen. Foto:VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE veelsydige Roslyn Klaasen kan deesdae nie misgekyk word nie. As sy nie op die kassie tydens die splinternuwe nuusprogram op e.tv Nuusdag om 8 pronk nie, word hierdie voormalige Netwerk24 verslaggewer gesien in die Bloemendal-gemeenskap waar sy altyd hulp verleen.

Gebore en getoë in die Baai, maak hierdie gesoute joernalis geraas op alle platforms van die joernalistieke bedryf. Sy het onlangs by e.tv se Afrikaanse nuusprogram, Nuusdag om 8, aangesluit as die Oos-Kaap se verslaggewer.

“Ek is baie opgewonde oor Nuusdag om 8, want in ’n oorwegende Engelse wêreld, is daar nou ’n nuwe platform vir ons om Afrikaans te bevorder. Hierdie program is vir alle Afrikaanse mense en is ’n bewys dat Afrikaans nie besig is om uit te sterf nie. Afrikaans lewe nog.

“Ek kyk in mense wat Afrikaans praat se gesigte en sien dat hulle ’n storie het om te vertel. Dis mense wie se stories nie noodwendig die nuus sou haal nie, maar nou die geleentheid kry,” het Klaasen gesê.

Haar passie vir joernalistiek het as storieverteller gedurende haar kinderjare begin en dit bly een van haar sterkpunte.

“Ek het joernalistiek as beroep gekies omdat ek hou van stories vertel en ook om ander se stories te hoor. Sommige stories is meer hartseer as ander.”

Aan die einde van Klaasen se hoërskoolloopbaan het sy volstoom haar droom om ’n joernalis te word, bewerkstellig.

“In 1992 het ek begin studeer by die voormalige Bethelsdorp Tegniese Kollege in Heathpark. Ek het daarna studeer by die voormalige Vista Universiteit, wat tans die Missionvale-kampus van Nelson Mandela-universiteit (NMU) is.”

Ter voorbereiding vir haar medialoopbaan, het sy haar internskap by Die Burger voltooi.

Sy het sedertdien verskeie rolle in die mediabedryf gehad.

“Ek het in 1996 begin werk as joernalis by Die Burger. Ek was ook die redakteur van die destydse Jong Burger, nou bekend as Jip. In 2002 was ek as kommunikasiebeampte by die destydse UPE aangestel en ek was ook die woordvoerder van die huidige NMU. Ek was daar vir 13 jaar en is toe weer terug na Die Burger in 2015. In 2017 was ek as joernalis by die Son-koerant aangestel.”

Dit is dan ook haar werk as verslaggewer by Media24 en kommunikasie-beampte wat uiteindelik tot haar betrokkenheid by Nuusdag om 8 gelei het.

“Op 1 September vanjaar het ek by Nuusdag om 8 begin – die nuwe nuusprogram op DStv-kanaal 195 en 105 op Openview – as die Oos-Kaap se verslaggewer. Die werk by Nuusdag is ’n geleentheid wat ek nie voor gevra het nie. Ek het e-posse en verskeie boodskappe ontvang van mense wat op soek is na ’n Oos-Kaapse verslaggewer. Ek het toe my CV gestuur en binne 21 dae het ek die goeie nuus ontvang. God het my voorberei hiervoor deur alles wat ek deurgemaak het in my lewe.”

Klaasen vertel dat mense haar grootste inspirasie is en om hul stories te vertel heelbo aan haar lys is.

“Mense is my grootste inspirasie, diegene wat teen alle verwagtinge elke dag die beste vir andere kan gee. Veral kinders en bejaardes. Die kinders se onskuld maak dit moontlik vir my om my voete plat op die aarde te hou, veral my suster se twee kinders.”

Vir Klaasen is die hiërargie in haar lewe van kardinale belang – God, haar man en enigiets anders kom agterna.

“Die belangrikste in my lewe is my verhouding met die Here. My begeerte om ’n beter lewe vir mense te sien, is my dryfkrag.”

Vir Klaasen is joernalistiek alles behalwe maanskyn en rose en dit verg objektiwiteit, maar soms gebeur die teenoorgestelde.

“Ek onthou ’n tyd toe ek in die hof was met die Angel-saak terwyl getuienis ter verswaring en versagting voor die vonnisoplegging gelewer is. Hulle het ’n video gespeel van Angel wat dans en ek kon nie ophou huil nie. Mense dink soms dat joernaliste nie hul emosies moet wys nie, maar dit is wie ek is.”

Om stories in haar eie taal te vertel en om ander op te voed, is van Klaasen se hoofredes vir haar besluit om ’n loopbaan in joernalistiek na te streef.

“Ons lewe in ’n wêreld waar informasie vryelik beskikbaar is en soms verkeerde informasie. Informasie wat soms in die verkeerde hande beland, soos byvoorbeeld ons kinders wanneer hulle op sosiale media is. Ek wou eers ’n onderwyseres geword het, maar as joernalis het ek steeds ’n opvoedkundige taak.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.