Baaise tweeling gekies vir nasionale skoonheidskompetisie

2018-04-25 06:01
< Kirsten en Corban Woest maak gereed om die Oos-Kaap in Oktober by ’n nasionale skoonheidskompetisie te verteenwordig.Foto:PRO DESIGN PHOTOGRAPHERS

< Kirsten en Corban Woest maak gereed om die Oos-Kaap in Oktober by ’n nasionale skoonheidskompetisie te verteenwordig.Foto:PRO DESIGN PHOTOGRAPHERS

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

’n VIERJARIGE tweeling van Greenshieldspark het onlangs bewys dat ’n mens nooit te jonk is om sukses te bereik nie toe hulle gekies is om die Oos-Kaap later vanjaar by die Mini Mr and Miss RSA-kompetisie te verteenwoordig.

Corban Woest en sy suster, Kirsten, het hulle modelloopbaan in Maart 2017 by Star Models begin. Hulle neem tans klasse by Gail Brown van Sophisticate Models.

Volgens dié twee se pa, Leslie, is sukses geen vreemdeling vir die tweeling nie.

“Hulle in die laaste jaar aan meer as 13 plaaslike kompetisies deelgeneem. Die kompetisies vir die meisies is definitief meer kompeterend as vir die seuns, so Corban het al heelwat meer titels gewen,” het hy gesê.

Corban en Kirsten het ’n ouer broer (11) wat volgens Leslie geensins in modelwerk belangstel nie.

Corban is onlangs as die tweede prins van die Jnr Mr Teen Eastern Cape-kompetisie aangewys. Hy was ook verlede jaar as die enigste Oos-Kaapse finalis van die Mini Mr RSA-kompetisie gekies waar hy die titel van derde prins, sowel as Mr Congeniality en die “Public Choice” toekenning, gewen het.

Hy maak hom tans gereed om aan Talent Africa later vandeesmaand deel te neem, asook aan die Jnr Mnr PE-kompetisie wat aanstaande maand by die Boardwalk sal plaasvind.

“Hulle sien so uit na hulle klasse en veral kompetisies. Hulle geniet modelwerk baie,” het Leslie gesê.

Ná die sowat 13 plaaslike kompetisies, mik Corban en Kirsten nou vir ’n nasionale titel.

Die Mini Mr and Miss RSA-kompetisie sal van 3 tot 6 Oktober in die Vrystaat plaasvind.

Slegs 15 finaliste in elke kategorie word van regoor die land gekies om aan die kompetisie deel te neem. Vir die seuns is daar slegs ’n junior en ’n senior kategorie, maar vir die meisies is daar ses ouderdomskategorieë.

Corban is gekies vir die junior kategorie en Kirsten vir die 4 tot 6 ouderdomskategorie.

Die “Public Choice”-afdeling van die kompetisie sal in Junie begin waar die publiek vir Corban en Kirsten se foto’s kan stem.

Luidens Leslie moet elkeen ook R2 000 vir liefdadigheid insamel.

“Ons wil graag ’n vriendelike versoek rig aan enigiemand wat dalk kan help met ’n donasie of borgskap van enige soort. Dit sal regtig waardeer word,” het hy gesê.

Vir meer inligting, hou die Corban Woest - Mini Mr RSA 3rd Prince 2017 Facebook-blad dop.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.