Bayworld: ‘Dolfyne sal nie sommer terugkom’

2017-03-08 13:05
Dorelle Sapere (regs), bestuurder van beplanning en ontwikkeling by die Nelson Mandelabaaise Ontwikkelingsagentskap (MBDA), en Shena Wilmot (links), voorsitter van die Baaise Metro-vereniging vir Gastehuise (PEMBBA), kyk na ‘n onlangse artikel oor die Bayworld-oseanarium.                                               Foto: CARA-LEE DORFLING

Dorelle Sapere (regs), bestuurder van beplanning en ontwikkeling by die Nelson Mandelabaaise Ontwikkelingsagentskap (MBDA), en Shena Wilmot (links), voorsitter van die Baaise Metro-vereniging vir Gastehuise (PEMBBA), kyk na ‘n onlangse artikel oor die Bayworld-oseanarium. Foto: CARA-LEE DORFLING

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE herontwikkelaars van die vervalle Bay-world-oseanarium in Port Elizabeth sal aanbeveel dat die dolfyne nie teruggebring word nie.

So het Dorelle Sapere, bestuurder van beplanning en ontwikkeling by die Nelson Mandelabaaise Ontwikkelingsagentskap (MBDA), Donderdag tydens ’n voorlegging aan die Baaise Metro-vereniging vir Gastehuise (Pembba) in Somerstrand gesê.

Die voorlegging is op Pembba se maandvergadering gelewer om die vooruitsigte van die herontwikkeling van Bayworld te bespreek.

Die provinsiale wetgewer het verlede jaar die groenlig gegee dat die MBDA deur die Nelson Mandelabaaise Munisipaliteit aangestel word om die ontspannings- en oseanariumgedeelte van Bayworld te herontwikkel.

Die aankondiging was skaars gevier of die vrae en teenstand oor die voormalige dolfyn-inwoners van die oseanarium het die hoofbesprekingspunt geword.

“Voorheen was Bayworld een van die voorste toeriste-attraksies in die stad. Vandag is dit die vrot tand in die strook tussen Koningstrand en Pollockstrand,” het Sapere gesê.

Die beplanning is voorlopig om teen Julie 2019 die eerste sooi te spit en met die bouwerk by Bayworld te begin.

Sy sê oor die volgende twee jaar sal ’n paar moeilike besluite geneem moet word om die visie en geld vir die opgraderingswerk vas te stel.

“Daar is verskeie opsies wat ons oorweeg wat verskillende begrotings sal benodig.”

Een van die goedkoper opsies is om die hele oseanarium in ’n virtuele werklikheidskompleks te omskep. “Dit beteken alle diere sal verwyder word.

Masjiene, asook ’n digitale koepel, sal die groot trekpleisters wees.”

’n Tweede, en duurder opsie, is om die rehabilitasieafdeling in die oseanarium te behou en daarby iets soortgelyks aan die Monterey Bay-akwarium in Kalifornië te ontwikkel. Dié akwarium is aan die kus gebou en die natuurlike seegebied vorm deel van die akwarium.

’n Derde opsie sal bogenoemde behels en die terugbring van die dolfyne insluit.

Volgens Sapere is dié derde opsie heelwat duurder, aangesien die permitte die koste geweldig laat styg.

“Ons het talle oseanariums genader om raad en ons kyk ook na tendense oor die wêreld.

“Dus, wanneer ons aanbevelings vir die herontwikkeling van Bayworld maak, sal ons aanbeveel dat dolfyne nie hier aangehou sal word nie en ook nie vir sirkustoertjies gebruik word nie.”

Sy sê hul navorsing het getoon dat groot maatskappye, by wie hulle hoop om vir kapitaal aan te klop, grootliks teen die aanhouding van diere gekant is.

“Op die oomblik lyk dit of ons tussen R500 en R600 miljoen vir die projek sal benodig, en die groot bedrag sal nie alleenlik van die plaaslike regering bekom kan word nie.”

Terwyl die begroting voorlopig teen Desember vasgestel moet wees, hoop die MBDA om die nuwe visie van herontwikkeling teen Junie te finaliseer.

. Die Bayworld-oseanarium se geliefde dolfyne, Domino (23) en Dumisa (10), wat jare lank besoekers met hul toertjies in die water vermaak het, het die oseanarium in 2009 verlaat. Die grootste beweegrede vir Domino en Dumisa se vertrek was die verweerde toestand van die oseanarium en daar was nie genoeg geld vir die opknappingswerk nie.

Die twee dolfyne is nou deel van die dolfynbevolking van Ocean Park in Hongkong en ook deel van ’n teelprogram.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/World
 

WATCH: Man films himself going down water slide upside down as things go very wrong…

What is at first an exciting tummy-turning adventure stunt, quickly turns into a scarily bad idea caught on camera. Take a look:

 
 

You won't want to miss...

WATCH: Conor McGregor: Notorious the trailer
Best date night restaurants in South Africa
WATCH: Ryan Reynolds offers fans a free tattoo in new Deadpool 2 teaser
Should you date your co-worker?
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.