Belastingbetalers vies oor slaggate

2015-11-11 06:00

SLAGGATE wat motorbande “vreet” is nie ’n vreemde prentjie in die Baai nie, maar inwoners wil weet waarvoor betaal hulle belasting as hulle die geld kon gebruik om nuwe motorbande te koop.

“Dit is nou al bykans ses maande dat ons vir die munisipaliteit wag om ’n donga in Morningside reg te maak. Ons meld dit aan, maar die een departement ná die ander was sy hande in onskuld, en die slaggat bly oop,” het Shirley Sauls, raadslid vir wyk 12, gesê.

Volgens Mthubanzi Mniki, munisipale woordvoerder, word slaggate gewoonlik tussen 24 uur en vier werksdae ná aanmelding herstel.

“Die besiger paaie word gewoonlik binne 24 uur ná aanmelding herstel, terwyl die minder besige paaie binne twee of vier werksdae herstel word,” het Mniki gesê.

Maar die donga in Groendal-rylaan – wat volgens Sauls gegrawe is om ’n waterpyp te herstel – lê steeds soos ’n slagyster en wag vir motorbande. “Waarvoor betaal ons belasting as die paaie nie herstel word nie?” wou Sauls weet.

Ook Johan Coetzer, ’n sakeman in Markman, sê hulle wag reeds vier weke vir die munisipaliteit om ’n slaggat wat minstens 30 cm diep is te herstel. Dié slaggat in Buickstraat was glo eers twee aparte gate, maar het onlangs as een groot gat saamgesmelt.

“Die motors moet op die sypaadjies ry om nie ’n band af te skryf nie,” het Coetzer gesê.

Mniki het in reaksie gesê dat meer slaggate wel nou te wagte is weens die afgelope tyd se reën en die ouderdom van sekere paaie.

Hy het ook gesê die munisipaliteit het geen kontrak in plek om die slaggate te laat regmaak nie, en dat munisipale werkers self vir die herstel van slaggate uitgestuur word.

Motoriste wat wel skade weens ’n slaggat opdoen, kan hul eise volgens Mniki by die munisipaliteit se regsdirektoraat indien.

Meld slaggate by die munisipaliteit aan deur 0800 20 5050 te bel.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

10 best dressed men of 2017

And the awards for 2017's best dressed gentlemen go to...

 
 

You won't want to miss...

How to open a beer bottle without an opener
WATCH: Man films himself going down water slide upside down as things go very wrong…
WATCH: Conor McGregor: Notorious the trailer
Best date night restaurants in South Africa
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.