Bende-gevaar: Skool in PE kry oplaas heining

2019-09-18 06:02
Clifton Jantjies, hoof van Strelitzia Primêre Skool in Bethelsdorp in die Oos-Kaap.

Clifton Jantjies, hoof van Strelitzia Primêre Skool in Bethelsdorp in die Oos-Kaap.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

’n SKOOL in een van Port Elizabeth se bendegeteisterde gebiede wat voorheen deur ouers van die skool gesluit is, sal oplaas ’n nuwe grensheining kry.

Dit kom nadat ouers van die Strelitzia Primêre Skool in Bethelsdorp in Julie hul kinders enkele dae uit die skool gehou het en die skool se hekke gesluit het.

Dit het gekom ná verskeie bendeverwante voorvalle in en rondom die skool wat die ouers meen hul kinders se veiligheid bedreig.

Drie leerlinge van die skool het reeds in bendegeweld gesterf. Meer as 250 leerlinge het oor die afgelope 18 maande die skool verlaat om na skole in veiliger gebiede te gaan.

Ouers het gesê hulle is moeg vir die leë beloftes oor ’n nuwe hening vir die skool wat toe al langer as ’n jaar sloer.

Ondanks die onderwysdepartement in die Oos-Kaap se stelling dat die beloofde heining om die skool weens ’n tekort aan geld nie onmiddellik opgerig kan word nie, het Babalwa Lobishe, voorsitter van die veiligheidskomitee in die Oos-Kaap, op ’n besoek in Julie deur Oscar Mabuyane, premier, aan die skool gesê werk sal binnekort aan die heining kan begin.

Clifton Jantjies, skoolhoof, het verlede week gesê hy is onlangs deur die departement ingelig dat ’n diensverskaffer aangestel is.

“Nou moet daar nog net ’n onderneming aangestel word sodat die werk hopelik kan begin,” het Jantjies gesê.

Na verwagting sal dit ses tot agt weke neem om die werk te voltooi.

“Die heining sal so baie vir ons skool se veiligheid beteken. Hoewel dit die afgelope ruk buitengewoon stil was, wat (bende-)voorvalle betref, het dit onlangs weer begin toe die skote woes heen en weer om die skool geklap en die mense deur die skoolterrein gehardloop het om te vlug.”

Ook Yolande le Roux van die drukgroep Northern Areas Survivors and Ambassadors Against Gangsterism het die stap verwelkom en sê hulle is dankbaar en opgewonde oor die vordering wat gemaak is. “Dit lyk nou of die bendes weer stil is rondom die skool, maar dit kan enige oomblik weer opvlam.”

Mali Mtima, woordvoerder van die onderwysdepartement, het teen druktyd nog nie op navrae gereageer nie. – CARA-LEE DORFLING

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.