Binnelandse sake bly langer oop vir ID’s

2016-07-27 06:00
Malusi Gigaba, minister van binnelandse sake. Foto: Craig Nieuwenhuizen

Malusi Gigaba, minister van binnelandse sake. Foto: Craig Nieuwenhuizen

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE departement van binnelandse sake se kantore sal landwyd hul deure langer oophou om burgers kans te gee om hul groen ID-boekies af te haal voor die munisipale verkiesing.

Malusi Gigaba, minister van binnelandse sake, het vroeër vandeesmaand belowe om plan te maak dat meer as 200 000 burgers, wat stemgeregtig is, kans kry om hul ID-boekies by die kantore te gaan afhaal.

“Ons moet ons deel doen om seker te maak dat soveel mense moontlik gaan stem en hulle kan nie dit sonder geldige ID-boekies doen nie.”

Mayihlome Tshwete, Gigaba se woordvoerder, sê hulle gaan die kantoordeure op 30 Julie en 1 tot 3 Augustus langer oophou, maar hulle gaan nie op ’n Sondag werk nie. “Dit is die mense se verantwoordelikheid om self hul ID’s af te haal. Ons doen reeds meer as wat ons moet.”

Waar die departement se normale kantoorure landwyd Maandag tot Vrydag 8vm-4nm en Saterdag 8vm-12.30nm is, sal dit op dié komende Saterdag 8.30vm-5nm oop wees, Maandag en Dinsdag tot 6nm en op verkiesingsdag van 7vm-7nm. Ná die verkiesing sal kantoorure terugkeer na normaal.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 

Matric Results are coming soon!

Notify me when results become available

/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.