‘Blokvennootskap’ bied aan kleiner partye groter mag

2016-08-17 06:00
Marlon Daniels Foto: ARGIEF

Marlon Daniels Foto: ARGIEF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

TERWYL die ANC en die DA agter geslote deure koalisies probeer vorm om Nelson Mandelabaai te wen, het die kleiner partye in dié metro saamgespan om “koningmakers” te word.

Die Patriotic Alliance (PA), United Front (UF) en Cope het Saterdag, 13 Augustus, hul nuwe vennootskap as “ ’n blok partye” aangekondig – en Marlon Daniels, PA-leier in die metro, meen die ander klein partye sal hulle binnekort by hulle aansluit.

“Ons het reeds samesprekings gehou met die ander partye en hoewel hulle nog op nasionale vlak besluite moet neem, stem hulle in beginsel saam met ons,” het Daniels gesê. Saam het die PA, UF en Cope reeds drie setels, maar as die ander partye – die UDM, EFF, AIC en ACDP – hulle by hulle aansluit, het hulle 13 setels om aan die ANC of DA te bied in ’n koalisie.

’n Koalisie is egter nie hul enigste keuse nie, het Daniels uitgewys. “As ’n blok sal ons met een stem praat, maar as daar nie plek vir ons is in ’n koalisie-ooreenkoms nie, sal ons tevrede wees op ons eie. Ons sal ook gereed wees as daar weer ’n verkiesing gehou moet word.

“Dié blok sal verseker dat daar geen regering is as hulle nie luister na hul kiesers nie, want daar gaan nie meer eensetel-partye wees nie.”

Daniels het egter gesê die blok sal teen die laaste op Woensdag (vandag) sy besluit kan maak, aangesien onderhandelings reeds in ’n gevorderde stadium is. Die uitkoms van die onderhandelings sal egter bepaal word deur die beleid van die groter partye, het Mkhuseli Mtsila, streeksekretaris vir die UF, gesê. “Ons het ’n raamwerk nodig van die partye se gemeenskaplike ideale, wat ons besluit sal bepaal,” het Mtsila gesê. “Dan is enige koalisie nie ’n huwelik van gerief nie, maar van gedeelde beleid.”

Die prioriteite wat in dié raamwerk ingesluit sal word, sluit volgens Mtsila kwessies rondom grondeienaarskap, dienslewering, misdaad en werkskepping in. – ODETTE KEMP

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

How to open a beer bottle without an opener

Do the right thing and never be thirsty again…

 
 

You won't want to miss...

WATCH: Man films himself going down water slide upside down as things go very wrong…
WATCH: Conor McGregor: Notorious the trailer
Best date night restaurants in South Africa
WATCH: Ryan Reynolds offers fans a free tattoo in new Deadpool 2 teaser
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.