Boorling van ‘die Dal’ se tweede bundel verskyn

2016-10-05 06:00
Ricardo Korkee lees voor uit sy eerste digbundel Beweeg berg: My lewe, my storms, my geluk.

Ricardo Korkee lees voor uit sy eerste digbundel Beweeg berg: My lewe, my storms, my geluk.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

SY eerste digbundel, Beweeg berg: My lewe, my storms, my geluk, is verlede jaar bekend gestel en binnekort kom die Baaise bekendstelling van Ricardo Korkee se tweede bundel, Kind van die Dal, aan die beurt.

Korkee, ’n boorling van Bloemendal, Port Elizabeth, sê die bundel gaan oor sy trots vir Bloemendal, of “die Dal”, soos sy inwoners dit noem.

“Ek voel dat ek met hierdie bundel gegroei het en baie van die gedigte het tyd en navorsing geverg. As jy die geskiedenis van Bloemendal probeer nagaan, is daar absoluut niks en daarom het Indiana (my vrou) en ek in Julie 2015 die gedig, ‘Toe Bloemendal, Bloemendal was’ geskryf,” sê die onderwyser wat al vir langer as ’n dekade ’n Kapenaar is.

Korkee sê die gedig was die grondslag vir die bundel omdat hy graag ’n Bloemendal-bewussyn wou aanwakker.

“Daar is talle verwysings na Bloemendal, asook uitdagings waardeur veral bruin gemeenskappe in die gesig gestaar word. Ek woon al 17 jaar in Mitchells Plain en daarom bevat die bundel ook talle gedigte oor dié plek.”

Hy vertel sy liefde vir die digkuns strek oor vele jare en hy het dit altyd gebruik as ’n manier om homself uit te druk.

“Ek was aanvanklik nie iemand wat baie gepraat het nie; skryf was maar altyd my manier om my emosies uit te druk. Ek sou nooit kon dink dat skryf vir my tot hierdie hoogtes sou neem nie en ek is natuurlik ontsettend dankbaar vir die aanvaarding van my digkuns.”

Sy eerste bundel is in Julie 2015 bekend gestel. Soos die titel aandui, gaan dit oor die persoonlike paadjie wat hy moes stap.

“Die gedig ‘Beweeg berg’ is vir ’n vriendin geskryf wat in ’n stadium ’n laagtepunt in haar lewe ervaar het en sy het my met hierdie gedig gemotiveer om ’n bundel saam te stel.

“Die bundel getuig van vriendskappe, liefde, teleurstellings, verlange en natuurlik sukses. Die digter Haroldene Tshienda het uiteindelik my gedigte gelees en ek is aan ’n uitgewer voorgestel. Beweeg berg het sowat 200 kopieë verkoop,” sê Korkee.

Die bekendstelling van Kind van die Dal vind op Saterdag 8 Oktober om 2nm by die Frank Moodiesaal in Bloemendal plaas. Toegang kos R20.

Ander digters van die noordelike gebiede, Nickfred Sysaar, Joy Karolus en Bevan Boggenpoel, gaan ook by die bekendstelling van hul gedigte voorlees.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

10 best dressed men of 2017

And the awards for 2017's best dressed gentlemen go to...

 
 

You won't want to miss...

How to open a beer bottle without an opener
WATCH: Man films himself going down water slide upside down as things go very wrong…
WATCH: Conor McGregor: Notorious the trailer
Best date night restaurants in South Africa
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.