Buddy die pikkewyn steeds skoonveld

2016-09-28 06:00
Mamma-Francis pas steeds alleen haar en Buddy se nuwe kuikens in die nes op terwyl die polisie vir manlief probeer opspoor. Buddy is Woensdagoggend omstreeks 04:50 by die Bay-world-museumkompleks gesteel.  Foto’s: WERNER HILLS

Mamma-Francis pas steeds alleen haar en Buddy se nuwe kuikens in die nes op terwyl die polisie vir manlief probeer opspoor. Buddy is Woensdagoggend omstreeks 04:50 by die Bay-world-museumkompleks gesteel. Foto’s: WERNER HILLS

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DAAR is steeds geen teken van Buddy, die brilpikkewyn wat verlede Woensdag uit die Bay-world-museumkompleks in Port Elizabeth gesteel is nie.

En intussen voer wyfielief Francis nog ma-alleen hul week-oue kroos.

Buddy is Woensdag omstreeks 04:50 uit die oseanarium-gedeelte van die museumkompleks gesteel.

Videomateriaal wys hoe mans aan die buitekant van die pikkewyne se habitat hul motor teen die muur parkeer om bo-op te klim en só oor die muur te spring.

Die video wys hoe die mans selfoonfoto’s by die pikkewyne neem en waar een selfs sy T-hemp uittrek voordat hulle vir Buddy gryp en spore maak.

Sonder infrarooi-kameras kon slegs die oortreders se silhoeëtte in die flits van hul selfoonkameras gesien word.

Cherie Lawrence, senior kurator van soogdiere en seevoëls by Bayworld, sê hulle is bereid om ’n beloning te gee vir die persoon wat kan help om Buddy weer terug te kry.

“Buddy, soos al ons pikkewyne, is waardevol. As iemand iets weet, moet hulle ons asseblief in kennis stel.”

Buddy en Francis se tweede broeisel kuikens het net vandeesweek uitgebroei.

Volgens Lawrence het hulle eers Donderdag agtergekom dat hy weg is toe Francis alleen hul nuwe kleintjies oppas.

Haar grootste vrees is egter dat die pikkewyndiewe Buddy sal verwaarloos.

“Die pikkewyne eet net sardientjies; tussen sewe en agt per dag en hulle moet ook daagliks hul dosis vitamine inkry. Dit sal baie moeilik wees vir iemand om reg te kry, tensy hulle weet wat hulle doen. Buddy is ook nie bekend vir buitengewone vriendelikheid nie.”

Kol. Priscilla Naidu, ’n polisiewoordvoerder, sê ’n saak van diefstal word ondersoek.

“Ons het nog geen nuwe inligting nie,” sê Naidu. “Die pikkewyn het ’n mikroskyfie asook ’n bandjie wat aan hom vasgemaak is. Enigeen met inligting kan die Humewood-polisiekantoor of Bayworld kontak.”

Bayworld se kontaknommer is 041 584 0650.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

Men.24 Model of the Week: Wendy from Cape Town

Find out more about our featured model, Wendy from Cape Town

 
 

You won't want to miss...

Who are the highest paid models of 2017?
10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham
WATCH: Pornhub is giving users free access to premium content these holidays
5 top leg exercises for men
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.