‘By Sapphire Road het ek méns geword’

2015-12-02 06:00
Bruce Damons, skoolhoof by Sapphire Road Primêre Skool, groet binnekort om dosent aan die NMMU te word.  Foto: WERNER HILLS

Bruce Damons, skoolhoof by Sapphire Road Primêre Skool, groet binnekort om dosent aan die NMMU te word. Foto: WERNER HILLS

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

“EK was ’n gemiddelde ou op universiteit. My dosente het altyd gesê: ‘Bruce, jy gaan in ’n jam factory opeindig.’ Ek was hardekwas, ’n rebel en ’n regte party animal. Maar Sapphire ­Road, dié skool en sy mense, was my saving grace.”

Damons, van Korsten in die Baai, het sy onderwysloopbaan in 1990 by George Schmidt Primêre Skool in Gelvandale begin. Hier het hy vir die eerste keer, onder leiding van sy eerste “baas”, Richard Wessels, met die “waarde van mense” kennis gemaak.

“Hy [Wessels] was ’n merkwaardige leier. Hy het meer omgegee vir die mense met wie hy gewerk het as vir die werk en die onderrig. Ek het by hom geleer om die mensdom te eer alvorens mens stelsels en logistiek ag.

“Daarna, in 1992, het ek by Hillside [Senior Sekondêre Skool] begin. My begeerte om in dele van ons samelewing te werk wat deur ons geskiedenis verniel is, het hier verdiep,” het hy gesê.

Hy onthou hoe hy nog die “hardekwas Bruce” was die dag toe hy by Sapphire Road begin het. Maar, sê hy, die leerders se ouers het gou sy piep uitgehaal.

“Ek dink die grootste les wat ek by dié skool geleer het, is dat ’n skool aan ’n gemeenskap behoort. Baie kyk na Sapphire en sê: Bruce, you have done a good job. Dis nie ék nie. Dis die mense. Die gemeenskap. By Sapphire bóú ouers bakstene as ons wil uitbrei.”

In 2000 was byna elke venster by dié skool uit. Vandag spog Sapphire Road met heel vensters, ’n sentrum vir verkragtingslagoffers, ’n kliniek, ’n ondersteuningsentrum waar leerders, ouers en selfs die personeel vir sielkundige hulp kan aanklop.

Die skool het ook twee sekerheidshuise waarin werklose families woon terwyl hulle na die skool se veiligheid omsien. Met 45 vrywillige werkers wat onder meer help met die skool se administratiewe pligte, tuin skoonmaak, die kospotte en die biblioteek beman, is dié skool se enjin goed geolie.

Damons onthou hoe iemand “in die moeiliker jare” by die skool ingebreek en ’n rekenaar uit een van die klaskamers gesteel het.

“Pleks daarvan om kwaad te word, het ons 10 000 pamflette met ’n dankie-boodskap gedruk: dankie aan ál die gemeenskapslede wat nié van ons steel nie. Ons het die strate ingevaar en dit self uitgedeel. Ons het geweet wie die dief was nog voordat ons terug was by die skool.

“Daar was ook die ou wat die skool se pype gesteel het. Hy het ons loodgieter geword nadat ons hom die nag gevang en hier aangehou het. Toe ek hom vra hoekom hy van ons steel, het hy gesê, ‘Meneer, ek weet nie wat anders om te doen nie.’ Hy is as ons loodgieter aangestel. Ek glo in tweede kanse en dat elke lid van die gemeenskap ’n positiewe bydrae tot ’n skool kan maak.”

Onder Damons se leiding is talle vaardigheidswerkskole in onder meer naaldwerk en sweiswerk hier aangebied.

“Selfs bendelede het hul vaardighede kom opskerp. Die skool was nog nooit so veilig soos toe hulle Sapphire bevriend het nie,” spot hy.

Damons het dié baanbrekerswerk by Sapphire Road met ’n skoolbanksaldo van -R16 000 begin. “Ek dink die Here het in Sy tyd op aarde skool geloop, want hy weet presies hoe om mens te seën vir dít wat jou skool nodig het. Ons funksioneer in ’n area waar misdaad, dwelmmisbruik, geweld en armoede seëvier. ’n Kind wat by Sapphire se hekke instap, het meer as net ’n les uit die skoolkurrikulum nodig. Hy moet ondersteuning, liefde en aanmoediging kry. Dit is ’n eer om vir 15 jaar deel van dié ondersteuning te kon wees,” het hy gesê.

Toe die skool sy sekerheidshuise bou, het Damons en die beheerraad self skenkings ingeoes. Die mans in die gemeenskap het die bakstene gemaak en die vroue het seker gemaak hulle eet.

Ook toe die skool se badkamers opgeknap moes word, het dié skoolhoof in ou jeans en tekkies die vloere geskrop, omdat hy glo dat leiers eers self hul hande moet vuil maak voordat hulle dit van hul volgelinge kan verwag.

Oor die rol wat die onderwysdepartement in die lewe van skole in armer gemeenskappe behoort te speel, meen hy samewerking uit alle oorde is noodsaaklik.

“Die wêreld beleef ’n krisistyd. Skole funksioneer in gemeenskappe met krisisse. Ek dink dis tyd dat ons die onderwysmodel moet aanpas.”

Dié afskeid, meen hy, is soos om ’n jare lange vriendin te groet. “Jy wil gekys aan haar bly, maar dis tyd om aan te beweeg. Dis ’n bittersoet werklikheid. Ek het gekom om Sapphire te lei, maar sy kinders, onderwysers, die ouers en die breër gemeenskap het mý gelei. Hier het ek méns kom word.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham

Here are just ten of our favourite plus-sized models:

 
 

You won't want to miss...

WATCH: Pornhub is giving users free access to premium content these holidays
5 top leg exercises for men
10 best dressed men of 2017
How to open a beer bottle without an opener
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.